Wouter se Watergat

2016-12-08 06:01

DIS verstommend, dat Kersfees al weer net om die draai is. Waarom is dit dat hoe ouer jy word, hoe vinniger die tyd by jou verbyvlieg? Is dit omdat jy minder bewus is daarvan as in jou jong jare? Omdat jy ongeduldig was om groot te word en dinge te doen waarvan jy gedroom en die tyd te stadig na jou sin verbygegaan het?

Ek was nog altyd verstom hoe vinnig ander mense se kinders of dié in jou familie wat jy nie gereeld sien nie, grootword.

Hoeveel keer het ek iets gesê soos “Sjoe, Janneman, maar jy het groot geword sedert ek jou laas gesien het het,” of “Sus, gooi jy kunsmis in jou kinders se skoene? Kyk net hoe het hulle opgeskiet.”

My eie kleinkinders, die oudste is maar agt, verstom my elke keer as ek hulle na ‘n afwesigheid van twee of drie maande sien. Of wanneer ek na foto’s kyk toe hulle net ‘n jaar of twee oud was.

Om te dink dat hulle oor ‘n dekade of wat ‘mense soos ons’ sal wees. Met alles wat daarmee gepaard gaan. Stampe en stote in die lewe.

Teleurstellings. Dalk tragedies. Indien hulle gelukkig is, suksesvol en vooruitstrewend. Gelukkig getroud. Indien nie, sit hulle ook met die bagasie waarmee baie van ons ouer geslag sukkel.

Jy bid dat dit met hulle sal goed gaan. Totdat jy onthou wat in ons land aan die gang is … dan bid jy éérs.

Wat my egter die meeste bedroef van Vader Tyd se onverbiddellikheid, is hoe oud mense geword het wat ek lank laas gesien het. Selfs die wat ek meer gereeld sien , soos myself in die spiel elke dag.

Skielik is die haredos van tien, twintig jaar gelede minder of weg. Die six-pack het verander in ‘n strandbal, en die gesig lyk soos dié van ‘n Sharpei-hond.

Die perdebylyf wat mans se oë soos ‘n magneet getrek het, lyk nou soos dié van ‘n koninginby.

Die sexy tuitbek van vroeër is nie meer sexy nie, het plooie en sukkel om te tuit. Ai tog. Die verwoestende proses van oud word.

Nou dat ek myself in ‘n depressie ingeskryf het, wat van ‘n ligstraaltjie wat bewys dat die lewe sy moeitewerd-oomblikke het.

Dit kom van Oom Pieter Verhoef, in sy sewentigerjare en een van die Watergat se gereelde Kersbesoekers uit Bloemfontein: Boeta ontmoet ‘n meisie op universiteit en wil haar aan sy ouers op die plaas gaan voorstel.

Hy is skamerig vir dinge op die plaas, en skryf ‘n brief aan sy ouers.

Hy vra dat hulle drie dinge doen - Boela, die hond wat al oud is en “bietjie stink”, moet uitgesit word.

Die buitetoilet moet afgebreek en ‘n nuwe moet binne die huis aangebring word. Laastens, die ou foto in die voorhuis waar sy pa sit en ma staan moet verwyder word. Deesdae sit die ma en staan die pa op fotos.

Sy pa skryf terug: “Boeta, toe jy vyf jaar oud was het Boela jou gered toe jy in die plaasdam geval het. Boela bly.

“In daardie buitetoilet sit ek elke dag en planne maak om op die plaas te oorleef en jou op universiteit te hou. Die buitetoilet bly. En laastens, daardie foto.

“Dis op ons wittebrood geneem. Pa kon nie staan nie en ma kon nie sit nie.

“Dis waar jy vandaan kom. Besluit maar of jy nog wil kom kuier.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.