Wouter se Watergat

2016-12-15 06:01

HIERDIE nuwe Suid-Afrika van ons is nie vir sissies nie. Hoeveel keer sê ons dit vir mekaar en verbeel ons dit maak dinge draagliker. Maar ons bluf onsself. Soos verlede week se water-onderbreking van etlike dae. Die konsensus hier was ons kan dit verstaan wanneer werkers oor iets ongelukkig en hul demokratiese reg uitoefen om wettig te staak.

Maar nie wanneer hulle onwettig staak weens ‘n geskil met die werkgewer oor groepversekering, onverbiddellike eise stel, en om hulle punt te bewys, die watertoevoer van ‘n hele distrik saboteer nie.

Tyden die betogings by die universiteite het dieselfde gebeur. Breek af en verwoes, dan weet jy jy kry jou sin. Presies dieselfde hier by ons. Dit ten spyte daarvan dat duisende vakansiegangers, deelnemers aan sporttoernooie en ons gewone ouens meer as drie dae geen water gehad het nie.

Hier in die Watergat kon ons die eerste dag hanteer, maar van die tweede en derde dag af raak dit onmoontlik om jou glase, borde en messe en vurke behoorlik te was.

Die besoekers weet dit, en ek kon sien hoe hulle hulle glase en borde bekyk wanneer ons hulle bestellings bring. Wat die situasie vererger het, daar was aanvanklik nie tenkwaens beskikbaar nie omdat die bestuurders ook gestaak het. Die einde van die staking het ook nie onmiddellik verligting gebring nie, want die gesaboteerde stelsel moes eers weer aan die gang gekry word. En die stakers kry hul sin. Met die skryf van hierdie rubriek was daar nog geen nuus oor vervolgings nie, maar dit gaan ‘n groot toets vir die Ugu-munisipaliteit wees.

Vervolgings is ononderhandelbaar, maar ek is bevrees, moenie te veel verwag nie. Wat ook waarskynlik gaan gebeur, is die versekeringsmaatskappy gaan die skuld kry. Indien paaiemente deur die munisipaliteit terugbetaal word, is die vraag waar die geld vandaan gaan kom. Van die distrik se inwoners, natuurlik.

Die storie van die week kom van Kosie van Reenen van Port Edward, wat hier ingeloer het. ‘n Sexy spraakterapeut vestig haar in die Kaap, waar sy ‘n praktyk begin.

Sy het ‘n groepie hakkelende jong mans, maar maak nie eintlik vordering met hulle nie. Uiteindelik besluit sy om ‘n ongewone eksperiment te probeer: Sy kom na die groepsessie met skamele klere aan.

Sy beloof dat as enige van die jongmans in die groep vandag ‘n sekere ding kan regkry, sy hom ‘n Franse soen sal gee as beloning. Hy moet die dorp waar hy gebore is, se naam kan sê sonder om te hakkel.

Opgewonde probeer die eerste ou: “K-k-k-k-k-Kaapstad!” en sink moedeloos op sy stoel neer. Die tweede ou staan op en sê: “MmmmmmmMalmesbuRy!” en slaan moedeloos op sy heup. Die derde ou haal diep asem en sê: “Durban!” “Mooi!” sê die spraakterapeut en soen hom ‘n volle minuut lank met oorgawe, soos sy beloof het. Toe sy klaar is, vra sy: “En wat sê jy daarvan?” Waarop hy uitasem antwoord: “.....v-v-v-v-v-ville!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.