Wouter se Watergat

2016-12-22 06:01

DAAR was die afgelope week geen rugby, geen eersterangse krieket nie. Die politieke situasie is net so sleg soos altyd, hoewel daar effens lig in die tonnel is. Stel julle dus voor wat die algemene gehalte van ons gesprekke en redenasies was.

Niks om te rapporteer nie. Gelukkig was die gehalte van ons humor steeds eersteklas. Daarom sluit ek die jaar af met die beste van die week se stories, komend van Joost Heyneke, ‘n megaboer van Harrismith:

“Hallo baas Rod. Dis Philemon, die gardenboy op jou landgoed. Ek probeer jou al dae lank innie hande kry.”

“Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?”

“Um. Ek bel net om te vertel die baas se papagaai is dood.”

“My papagaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?”

“Yebo. Dis hy daai.”

“Deksels, dis nou jammer. Ek het ‘n klein fortuin op daardie voël spandeer. Waaraan is hy dood?”

“Hy het vrot vleis geëet baas Rod.”

“Vrot vleis? Wie’t hom vrot vleis gegee?”

“Niemand nie, baas Rod. Hy het die vleis van die dooie perd geëet.”

“Dooie perd? Watter dooie perd?”

“Die thoroughbred baas Rod.”

“My pryswenner-perd is dood?”

“Yebo. Hy’s dood van al die harde werk om die waterkar te trek.”

“Is jy nou gerook? Watter waterkar?”

“Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas Rod.”

“Goeie genugtig, van watse vuur praat jy?”

“Die een in jou huis baas Rod. Die kers, hy het geval en die gordyne aan die brand gesteek.”

“Wat de ongeluk…Wil jy nou sê die huis het afgebrand deur ‘n kers wat omgefoeter het?”

“Yebo.”

“Maar daar’s mos elektrisiteit by die huis. Waarvoor het die kers gebrand?”

“Vir die begrafnis baas Rod.”

“WATTER DONNERSE BEGRAFNIS?”

“Van jou vrou baas Rod. Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie.

Ek het gedog dis ‘n rower, toe slaan ek haar dood met die baas se nuwe visstok…..STILTE... NOG LANGER STILTE….. EINDELIK…

“Philemon, as jy my nuwe visstok gebreek het, is jy baie diep in die k@k!!”

Aangesien dit enkele dae voor Kersfees is, en ons mekaar eers weer in die Nuwe Jaar gaan ontmoet, sluit ons af met die volgende boodskap: mag almal van julle, ons plaaslike vriende en ons lojale en steeds-mal-oor-die-suidkus-besoekers, ‘n manjifieke Kerstyd hê en die ware betekenis van die Feestyd ervaar sonder die tromspeler-seuntjie en die man in die rooi Coca-Colapak. Mag dit in jul persoonlike omstandighede goed gaan vorentoe, en mag ons almal tesame die krag van Bo kry om Suid-Afrika te verdedig teen die aanslae van die Gupta’s en die Juju’s.

Dankie vir die lojale ondersteuning deur die jare, dis lekker om so ‘n vriendekring te kan hê, ons wens julle ‘n Geseënde Kersfees, en ‘n baie voorspoedige Nuwe Jaar toe.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/Sport
 

Chocolate can be fatal for dogs

Chocolate contains a substance called theobromine that is similar to caffeine and is toxic to dogs at certain levels.

 
 

Paws

Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Watch: Proof animals have souls
Would you clone your pet?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.