Wouter se Watergat

2017-01-26 06:02

DIE gesprekke in die Watergat was die afgelope week buitengewoon insiggewend en interessant. Ongelukkig ook kommerwekkend.

Die hoof-onderwerp? Die nuwe Amerikaanse president, Donald Trump.

Dis algemeen bekend dat mense of van hom hou of dink hy is ‘n skatryk politieke nar, maar uit die gesprekke hier by ons ek het opnuut besef hoe erg dit is: Woensdag het twee manne mekaar amper te lyf gegaan omdat die een, Theuns van Roodepoort, na Trump verwys het as ‘n seksbehepte biljoenêr-narcissis wat die held is van rassiste wêreldwyd.

Johnny van Port Edward het hom getakel met “dis net soos julle Libtards is … ’n siek mentaliteit wat bereid is om julle eie op te offer en altyd bereid is om toegewings te maak”.

Dadelik het van die besoekers in die Watergat hulle by een van die twee geskaar, en het ek besef hoe groot Trump se verdelende invloed werklik is.

Dis swart of wit. Geen grys area nie.

In Amerika en in sekere ander lande kan ek dit nog verstaan, maar hier in Suid-Afrika?

Oom Pottie en ekself moes naderhand tussenbeide tree om gemoedere te kalmeer, wat nie maklik was nie.

Die ergste van alles is, iemand het my aandag op sekere Facebook-mure gevestig, en ek was verstom oor die emosie en taal wat Suid-Afrikaners gebruik om Trump-kritici se argument te troef.

Dis nogal kommerwekkend.

Ek moet sê, ek het nogal van die man gehou toe hy op die politieke toneel verskyn het.

‘n Vars bries op die Amerikaanse politieke toneel, hoewel self-gesentreerd en vol wonderlike beloftes, maar iemand wat gevestigde belange in Washington kon skrikmaak.

Die rooi ligte vir my het skielik begin skyn toe sy kommentaar oor hoe hy vroue benader, aan die lig gekom het.

Nogtans was ek bereid om die man ‘n kans te gee. Die finale groot teleurstelling vir my was sy inhuldigings-toespraak.

Hier het hy ‘n geleentheid gehad om uit te reik na sy teenstanders en kritici, versoenend te wees en “Amerika te verenig” soos hy onderneem het.

Pleks daarvan, hou hy ‘n kort weergawe­ van ‘n verkiesings- toespraak­ en beledig hy by implikasie vier oud-presidente by hom in die gehoor.

Lyk my daar skort iets met sy oordeel.

Die enigste ligpunt was die Christen-predikers wat deelgeneem het.

Kom ons hoop hy het raadgewers om hom wat sal verseker dat sy presidentskap ‘n sukses is. Ek hoop van harte so.

Indien nie, sal die wêreld se mense hulle veiligheidsgordels moet vasmaak.

Ons ligter oomblik van die week kom van Tant Mienie Steenkamp van Southport: Ou Oom Koos se selfoon gaan laatnag af.

Toe hy dit uiteindelik opdie bedkassie opspoor, gee hy dit net een kyk en sit dit weer neer.

“Wie was dit?” vra sy vrou. “Bettie Louw”, sê hy.

“Ek gaan nie antwoord nie, ek ken nie ‘n Bettie Louw nie.” Nie lank nie, of die foon raas weer. Oom Koos kyk en vloek. “Al weer die verdomde Bettie Louw.”

Toe dit ‘n derde keer gebeur, sê sy vrou: “Gee hier, dat ek kyk.” “Ai man,” sê sy. “Dit is nie Bettie Louw nie, dis battery low”.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.