Wouter se Watergat

2017-02-02 06:01

VANDEESWEEK geen nuus uit die Watergat self nie, want Oom Pottie en ek het ons jaarlikse besoek aan die Kruger-wildtuin gebring. Ek skryf hierdie rubriek by ‘n tafel op Satara se stoep, met ‘n Windhoekse tapbier langs my, en Oom Pottie wat by die kampdraad staan met ‘n verkyker.

Hy kan nie genoeg kry van die swetterjoel diere om die kamp wat hulself verlustig in die tapyt van groen gras, bome vol blare en waterpoele oral nie.

Hierdie is seker ons tiende besoek oor die afgelope tien jaar, en nog nooit het ons die Kruger-wildtuin so groen gesien nie. Oor groot gebiede loop riviere en selfs klein stroompies sterk.

Die kleinste, droogste boompie wat enkele maande gelede dood gelyk het, het blare. Tussen die bome is daar plate veldblomme, wel nie soos in Namakwaland nie, maar in kleure van geel, pienk en wit. ‘n Absolute lushof.

Die Parkeraad-personeel is in hul noppies, want die goeie reën het net betyds uitkoms gebring. Duisende diere het in die droogte gevrek, en hulle moes self van die diere se getalle uitdun om hulle van ‘n wrede dood te red. Veral die seekoei-bevolking het erg deurgeloop.

Ons het relatief min diere gesien, maar daar was buffels en olifante wat in poele water naby die teerpad rondgerol het met dieselfde uitbundige plesier wat ons ook in ons harte gevoel het, en Zebras wat skaars herkenbaar was omdat hulle donkerbruin was na ‘n behoorlike modderbad. Leeus wat luilekker op die teerpad lê want die gras tussen die bome is te dig.

Ons ander groot gewaarwording was weereens dat die Kruger-wildtuin baie goed bestuur word. Die kampe, verblyfplekke, ablusieblokke en kantore is silwerskoon en netjies. Bowenal, die personeel is vriendelik, behulpsaam en bekwaam.

Dit het my opnuut laat wonder. Waarom kan ons land en staatsdepartemente nie so bestuur word nie? Toegegee, dis nie heeltemal vergelykbaar nie, maar dit bewys sulke standaarde is haalbaar wanneer die kundigheid en die wil daar is. En gierige en korrupte politieke vingers nie in die geldlaai is nie. Een van die nadele op die oomblik vir Suid-Afrikaners is dat die verblyf redelik duur en glad nie meer so redelik is soos ‘n dekade gelede nie.

Ewenwel, Oom Pottie en ek pak oormôre die terugtog na die Suidkus aan, met swaar harte en, soos gewoonlik, in sy 1984 rooi sessilinder-Cressida. Swaar op brandstof ja, met slegs 140 000 kilometer “op die klok”, ruim en gemaklik, betroubaar, en met die reuk van sy leersitplekke baie prominent, want Oom Pottie is nie skaam met die “Dubbin” nie.

Toe ek gister deur ‘n personeelpublikasie van die Parkeraad blaai, kom ek af op hierdie ou storie.

Twee wildbewaarders word in die veld deur ‘n leeu gekonfronteer. Hulle het nie wapens by hulle nie. Nommer een vroetel in sy rugsak, haal hardloopskoene uit, en trek hulle aan.

Nommer twee stotter: “Jy dink tog seker nie jy sal met daardie skoene vinniger as die leeu kan hardloop nie?” “Jy’s reg,” antwoord Nommer Een. “Maar ek sal vinniger wees as jy.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.