Wouter se Watergat

2017-02-09 06:02

WOUTER WILLEMSE

NÁ ons besoek aan die Kruger-wildtuin het Oom Pottie en ek gou ‘n draai in Johannesburg by familielede gaan maak, met die gevolg dat ons eers enkele ure gelede hier by die Watergat aangekom het. Gelukkig het ek by my seun afgekom op ‘n storie wat vir my skreeusnaaks bly, en sal help om die rubriek te vul totdat ek opgevang het met die verwikkelinge hier.

Hoe om jou kat ‘n pilletjie te voer:

Plaas jou katjie in die buig van jou arm en met jou regter-wysvinger en duim aan beide kante van sy snoetjie. Oefen versigtig druk uit. Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in.

Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit. Herhaal die proses. Gaan haal die dêm kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.

Neem ‘n nuwe pil, en hou beide voorpote stewig vas. Forseer sy kake oop en druk die pil in sy bek.

Haal die pil uit die visdam. Gryp die mal kat op die kas.

Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, ignoreer die harde gegrom. Laat ‘n helper die kat se kop ferm vashou, en gooi die pil via ‘n liniaal in sy bek in.

Haal die besimpelde kat van die gordynreëling af.

Neem nog ‘n pil. Maak ‘n aantekening om ‘n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op.

Draai die blasende kat in ‘n groot handdoek toe en laat jou helper bo-op die kat lê of sit.

Suig die pil met ‘n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop. Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.

Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is. Drink ‘n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry. Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai ‘n verband om. Verwyder die bloedvlekke van die vloer.

Gaan haal die f****n kat uit die buurman se garage. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet nog ‘n pil met ‘n kettie in sy keel af.

Hang die kasdeur terug op sy skarniere. Neem ‘n groot sluk whisky. Ontsmet die krapmerke op jou wange.

Bel die brandweer om die satan-helskat uit ‘n boom uit te kom haal.

Tape beide voorvoete van die bl*****se kat aan mekaar vas. Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas. Met welding-gloves, druk die pil in ‘n stukkie vleis. Hou die d****r se kop agteroor, gooi die vleis in, gevolg deur ‘n hele glas water. Hou sy bek toe vir 5 minute.

Drink die whiskybottel leeg. Bel die ambulans, want jy word al lighoofdig van die bloedverlies.

Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die helkat kom haal. Vra die petshop of hulle nie dalk klein hamsters het nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.