Wouter se Watergat

2017-03-02 06:01

VERLEDE Woensdag het ons ‘n uitsonderlike dag hier in die Watergat beleef. Dit was een van ons gereelde dae van ‘specials’: hierdie keer was dit vroulief se kerrie-hoenderpensies met Basmati-rys, en ‘n bier, vir R40. Skuins na vyf-uur die middag stop ‘n groterige bussie voor ons ingang, en net oor die twintig manne klim uit. Hulle het pas klaar by die Port Shepstone-buiteklub gespeel, en besluit om te kom kuier.

Hulle bestel die hoenderpensies, drink bier en vertel snaakse stories. Ampie Bredenkamp, ‘n versekeringsman van Pretoria, se storie wil ek oorvertel: Lank gelede gaan twee ongetroude broers van hul familieplaas op Warmbad af see toe vir ‘n vakansie, en los die voorman om hul sake te behartig. Op pad kom hulle ‘n ou swartman teë wat redelik ongelukkig lyk. Hulle vra hom wat verkeerd is. Hy vertel hulle hy het erge hoof- en tandpyn en kan nie verder loop nie. Die broers, Klasie en Basie, maak ‘n vinnige diagnose, gee hom ‘n handvol Grandpa-poeiers, laat hom twee onmiddellik met ‘n bier afsluk. Die man herstel wonderbaarlik, en uit dankbaarheid gee hy hulle ‘n opgeskote varkie wat hy by hom het.

By die see gee hul suster op Margate, by wie hulle sou bly, toestemming dat die vark vir die maand van hul vakansie agter op die werf kon bly, sodat hulle hom daarna kon terugneem plaas toe. Klasie en Basie hou lekker vakansie, en die vark word goed gevoer. Hy word so mak hy gaan selfs saam strand toe met ‘n leiband om sy nek. Hulle bederf hom met kos. Hy word hondmak, vreet en groei, vreet en groei. Hy maak ‘org-org’ geluide, en sy naam word terstond Org. Ná drie weke kom die boodskap oor die draadloos. Varkpes het in Noord-Transvaal uitgebreek, en geen varke mag vervoer word nie. Wat nou? Die vakansie gaan verby, en Klasie en Basie maak ‘n plan. By Standerton stop hulle, klee Org in ‘n oorpak, sit stewels aan sy agterpote, plak ‘n helm op sy kop, druk ‘n pyp in sy bek en laat hom tussen hulle sit.

By Heidelberg wag die onvermydelike padblokkade hulle in. “Vervoer julle enige varke, lewend of dood?”, vra die sersant. “Nee”, antwoord Basie. “Wat’s jou van?” vra die sersant. “De Wet. Ek is Basie en...”, “Bly stil, ek sal hulle self vra”, sê die kwaai sersant. “My naam is Klasie”, verklaar die ander broer. Die sersant kyk na Org. “En joune?” Die broers pomp die vark in die ribbes. “Orrg” kom die geluid by die pyp verby. “Wat?” vra die sersant. Weer pomp hulle die vark in die ribbes. “Orrggg!” “Julle kan maar gaan”, verklaar die sersant. Toe die Ford wegtrek, sê die sersant vir die konstabel, nog binne hoor-afstand van die drie in die bakkie: “Dis beslis die lelikste broers wat ek nog bymekaar gesien het. Hulle lyk en ruik nes varke. Broer Org in die middel is darem die mooiste van die drie.” Org het blykbaar al die pad Warmbad toe met ‘n glimlag op sy bakkies gesit, pyp en al.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 

Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

 
 

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.