Wouter se Watergat

2017-03-09 06:00

WOUTER WILLEMSE

Raai watter onderwerp het ons gesprekke die afgelope week hier in die Watergat oorheers? Die SupeRugby-kompetisie het verlede week mos begin, so waarom sal ons politiek praat? Al is almal op hol oor Trump en ons geagte president steeds besig om die land op te foeter?

Verlede Vrydagoggend het ‘n hele paar kantoorwerkers hier by ons ingeglip om te kyk hoe vaar die Sharks teen die Reds nadat hulle die baas vertel het hulle gaan gou ‘n paar klante opsoek. Hulle is met lang gesigte terug kantoor toe nadat hul span weer ‘n wedstryd verloor het wat hulle moes gewen het, en die besef dat die komende seisoen waarskynlik weer ‘n treurmare vir ons Sharks-ondersteuners gaan wees. Ai, tog. In Saterdagmiddag se wedstryd het die Lions en die Cheetahs, ‘op papier’ waarskynlik die twee beste Suid-Afrikaanse spanne in die kompetisie, op die los gras van die Vrystaat-stadion soveel foute gemaak ons bly kan wees hulle het nie eerste teen ‘n Australiese of Nieu-Seelandse span gespeel nie. Daardie spanne het ook hul eerste wedstryde gespeel, maar het goed afgerig gelyk, met min foute en ondernemende rugby. Wanneer die verloorspan se losskakel die speler van die wedstryd is, weet jy iewers is iets fout. Die Stormers teen die Blou Bulle? Hoewel die Kaapse span hul oorwinning verdien het, was daar ook te veel foute, en het die Pretorianers eintlik die wedstryd gaan staan en verloor, Handré Pollard en al. G’n wonder Springbok-rugby is op ‘n laagtepunt nie.

‘n Bloubul-ondersteuner, op vakansie uit Centurion, het na Saterdagaand se wedstryd verklaar hy voel presies soos baie jare gelede toe hy by die destydse Poskantoor gewerk en een van die grootste flaters van sy lewe begaan het. Klasie van der Walt het vertel hy en sy spannetjie moes ‘n telefoonpaal in ‘n kwaai ou tante se agtertuin gaan plant. Sy baas het hom gewaarsku sy is maar moeilik, en hy moet in sy pasoppens wees. Hy klop aan die voordeur, en die tantetjie maak oop. ‘Yes my boy, what can I do for you?’ Sy gluur hom aan. Hy skrik hom boeglam, want hy kon toe skaars Engels praat. ‘Maar, soos die Blou Bulle,’ verduidelik Klasie, ‘besluit ek om ten spyte van dreigende onheil, my bes te probeer’. Hy stotter sy storie uit. Skielik klap die tannie die deur in sy gesig toe, en weier om weer oop te maak. Klasie gaan terug kantoor toe en vertel sy baas wat gebeur het. Sy baas gaan saam met hom na die huis toe, klop aan die deur en kondig hardop aan dat hy die Poskantoor se senior man is. Sy maak die deur oop, is nog steeds woedend, dreig met regsaksie, en klap die deur toe dat die kosyn sidder. Klasie se baas besef hier is iets ernstigs aan die gang. ‘Wat presies het jy aan haar gesê dat sy so briesend is?’ Klasie verduidelik al wat hy gesê het is ‘Madam, I want to come and plant my pole in your backside’.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.