Wouter se Watergat

2017-03-16 06:02

DIE skitterende drie in die laaste sekondes van die Sharks teen die Brumbies verlede Saterdag het die Watergat in beroering gehad. Nogal deur ‘n speler wie se wortels hier by ons lê. Die Watergat was rumoerig en lekker lewendig hierna, met die kasregister wat lustig gesing het as gevolg van die volgende skuimkoppe om die oorwinning te vier.

Ironies genoeg, was die rumoerigheid na die rugby-wedstryd ‘n vulletjie teenoor die argument en standpunte wat ‘n paar dae vroeër hier uitgebreek het. Een van ons TV-stelle in die verste hoek van die Watergat is tussen ses-uur en agt-uur saans tot die beskikking van besoekers wat nie in sport belang stel nie, en na die sepies wil kyk. Ons vra gewoonlik wie wil wat kyk, en dan skakel ons die spesifieke TV oor soontoe.

Indien niemand voorkeure het nie, is die programkeuse ons s’n. Soos die noodlot dit wou hê, het Oom Pottie voorgestel dat ons vir ‘n verandering na Sewende Laan kyk om te sien wat nou alles daar gebeur. Ek was besig om ‘n tapbier te skink, toe Oom Pottie en ‘n besoeker skielik snaakse geluide maak.

Ek kyk op, en sien twee mans soen mekaar inniglik op die skerm. Van die ander besoekers het dit ook gesien, en toe was die gort gaar.

Voor in die koor was Oom Pottie. “Hoe kan hulle so-iets wys wanneer kinders, jong mense en selfs die ouetehuise kyk? Het ons nou al so dekadent geraak? Waar gaan ons heen?” Dit het ‘n gesprek aan die gang gesit waartydens die humeure opgevlam en die stemtone gestyg het.

Aan die een kant was daar diegene wat met Oom Pottie saamgestem het dat dit totaal onaanvaarbaar is om so ‘n soen te probeer voorstel as “normal”.

“Waarom sulke dinge in ons keelgatte afdruk?” was hul redenasie. Aan die ander kant was daar diegene, en ek moet sê, heelwat in die minderheid, wat geredeneer het dat dit ‘n werklikheid in ons samelewing is wat ons nie kan wegredeneer nie, en dat dit strook met die bepalings van ons Grondwet oor nie-seksisme, nie-diskriminasie ensovoorts. Ons moet dit aanvaar, al keur ons dit nie goed nie. Die gestryery het eers hier teen nege-uur bedaar, en nie een van die twee kante kon die ander oortuig nie.

My eie standpunt? Ons moet aanvaar daar is homo-seksuele mense van albei geslagte in ons samelewing. Hulle het hul regte, soos heteroseksuele mense. Ons kan hulle nie verwerp nie, al is daar sterk meningsverskille … kyk maar net wat se verskeurdheid is daar in die NG Kerk oor die saak. Ek stem egter saam dis totaal onnodig om so ‘n toneel net na vyf in die middag in ‘n gesinsprogram te gebruik. Dan skryf resensente nog daarna van die “historiese oomblik” en die “awesome SA TV moment”. Soos my Oupa altyd aan die einde van ‘n argument gesê het: “Se g*t man.”

Hierdie week se loop-gedagte is ‘n stelling van Hennie Brink van Manaba: “As mans dronk word praat hulle nonsense, raak vreeslik emosioneel, bestuur sleg en hou daarvan om vir geen rede te baklei nie. Ek haal met hoed af vir vroue … hulle kry dit reg sonder om te veel te drink.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.