Wouter se Watergat

2017-03-23 06:03

DIT was die afgelope week kwaai warm hier in die Watergat, en die yskaste moes oortyd werk om die biere koud te hou. Oom Pottie was soos ‘n leeumannetjie met ‘n pynlike abses wat lyk soos ‘n derde gewelde testikel omdat Johan Ackerman en sy span weereens die prys betaal het van oorgerustheid.

“Ek kan nie glo so ‘n goeie afrigter kan so dom wees nie. Hy stuur sy tweede span om ‘n span internasionale spelers op hul tuisveld aan te durf!”

Intussen glimlag ons Sharks-ondersteuners weer, maar besef die span wat ons manne sal moet klop, is nie noodwendig die Lions of the Cheetahs nie, maar die Stormers. Hulle is vanjaar strate beter as verlede seisoen met daardie twee bulslotte van hulle.

Een van ons besoekers was ‘n veearts van Kroonstad, dr. Frans de Bod en sy vrou Gaby. Hulle het kom afval eet, en lekker gesels. Hy het vertel so ses maande gelede is hy na ‘n plaas uitgeroep waar ‘n tienjarige herdershond siek was. Die dier het klierkanker gehad, en was besig om stadig te sterf.

Die dier se eienaars, soos almal wat lief is vir hul diere, wou weet of daar geen ander uitweg as die genadedood is nie. Daar was nie, en die eienaars het hul sesjarige seuntjie geroep waar hy in sy kamer gesit het, aanvanklik te hartseer om te kom kyk.

Hy het ewe braaf gehelp om Rufus op die kombuistafel te tel en gemaklik te maak. Hy het Rufus in die oë gekyk, met sy eie betraande oë, en hom saggies oor sy kop gevryf. Rufus was blitsvinnig verlos.

Skielik breek die seuntjie die stilte nadat hy Rufus se oop oë toegedruk het. “Ek weet waarom honde baie korter leef as mense,” het hy verklaar. Almal het na die kind gekyk wat gesukkel het om nie openlik aan die huil te gaan nie. “Mense word gebore sodat hulle kan leer om goed te lewe en om almal altyd lief te hê. Honde weet van geboorte af reeds hoe om dit te doen, daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie.”

Frans vertel toe hy huis toe ry, het hy besef hoe gelukkig hy is om met diere, en veral honde te kan werk. Want as ‘n hond jou leermeester is, leer jy onder meer om as iemand wat jy liefhet, tuiskom, te hardloop om die persoon te groet, jy geniet die vars lug en wind ekstaties in jou gesig, jy neem af en toe ‘n slapie, hardloop, speel en baljaar daagliks, jy byt nie wanneer grom genoeg is nie, en wanneer jy gelukkig is, dans jy rond en swaai jou lyf, jy eet met smaak en entoesiasme totdat jy genoeg gehad het, jy is lojaal, en jy probeer nooit iets wees wat jy nie is nie.

Frans het op ‘n ligter noot gegroet met die volgende: “Hoe beskryf jy ‘n hond wat verslaaf is aan knoffel? Sy blaf is erger as sy byt.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.