Wouter se Watergat

2017-04-06 06:03

DAAR is sekere dinge in hierdie land van ons wat ek nooit sal verstaan nie. Ek weet ook ek praat namens baie mense want hierdie onderwerp was dae lank in die Watergat ter sprake.

Ek verwys nou na die sogenaamde “Spur-insident”.

Terloops, as ek die grootbase van die restaurantgroep was, het ek iewers gaan beswaar aanteken oor die gebruik van my handelsnaam elke keer wanneer die video gesien of opvolgberigte daaroor geskryf word.

Sonder uitsondering het besoekers presies geweet waaroor dit gaan wanneer daar na die “Spur-insident” verwys is ... ‘n onsmaaklike voorval tussen ‘n Afrikaanssprekende blanke man, en ‘n swart vrou in die teenwoordigheid van jong kinders, insluitende hul eie.

Waaroor almal hier dit eens was, was dat dit nooit moes gebeur het nie, en rasse-verhoudinge aan albei kante van die verdelingslyn verder gaan vertroebel. Besoekers het vrae gevra wat ek hier wil herhaal omdat die antwoorde ook van toepassing sal wees op ander soortgelyke insidente, en ek praat nie van iets soos die video-opname van twee blanke mans wat ‘n swart man wou “begrawe” nie.

Dit was naakte rassisme. Dit gaan oor hierdie spesifieke geval: waarom het dit ‘n rassisme-etiket gekry? Heel waarskynlik was dit in die harte by albei betrokkenes, of dalk een, maar ek het niks gesien of gehoor wat regstreeks aan rassisme gekoppel kon word nie.

Is rassisme aanvaar omdat ‘n blanke Afrikaanssprekende man en ‘n swart vrou betrokke was? Sou dit so ‘n groot bohaai veroorsaak het indien die man en die vrou swart was? Of albei wit?

Was dit nie bloot net ‘n onsmaaklike voorval tussen twee mense waaraan albei, of moontlik net een, van die betrokkenes skuldig is nie?

Vraag nommer twee: Wie het die voorval op video vasgelê, en waarom? En om watter rede is dit op You Tube en die sosiale media gesirkuleer? Was dit weens ‘n eie rassistiese agenda en om nog ‘n voorval van ‘rassisme’ aan die groot klok te hang?

Vraag nommer drie: Is dit nie hoog tyd dat berigte oor voorvalle soos hierdie deur die media “getemper” moet word om die skade aan menseverhoudinge te beperk nie? Nie verbloem nie, maar minder prominent aanbied?

Nog ‘n probleem met voorvalle soos hierdie, is wanneer jy vrae soos bogenoemde vra, loop jy die gevaar om self uitgekryt te word as ‘n rassis. Is jy moontlik ‘n rassis wanneer jy Penny Sparrow se uitlatings verdedig? Ek meen so ja. Wanneer jy die “begrafnis” van die swart man goedpraat, beslis. Maar wanneer jy vrae soos bg. vra, of ontken Helen Zille of Diane Kohler-Barnard is rassiste, sê ek nee.

Skuldig aan ondeurdagte uitsprake en dade, of bloot ‘dom’ politici, maar rassiste? Nee.

Ongelukkig is rasse-verhoudinge in ons land reeds so vergiftig deur uitsprake en optredes van albei kante af dat redenasies soos hierdie eintlik futiel is.

Sowel swart as wit het vooropgestelde idees wat hulle nie met die feite wil versteur nie.

Ewenwel, genoeg swaarmoedigheid. Bennie Vermeulen van Johannesburg se loopstorie handel oor Gatiep wat na die oorskot van sy maat kyk waar dit in die kis lê.

“Djy het mos nooit in die hemel of hel geglo nie. En hier lê djy nou. All dressed up and nowhere to go.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.