Wouter se Watergat

2017-04-27 06:01

EK hou van Aprilmaand. Werkgewers brom oor al die vakansiedae, maar vir ‘n plek soos die Watergat is dit “bankbestuurder-gelukkighou-tyd.” Die ander voordeel van so baie vakansiedae en langnaweke is die kuiertyd.

Hierdie Paasnaweek was ons “special” hoenderpastei. Kyk, jy kry hoenderpastei en hoenderpastei. Maar ons s’n is die beste. Teen Paas-Maandag is die special gestaak want vroulief was gedaan.

Die rugbywedstryde oor die Paasnaweek was natuurlik die groot aantrekkingkrag, en Oom Pottie was die ene senuwees. Almal het hom vertel die Stormers gaan sy Lions “rol,” want die Kapenaars is die “vorm”-span, het nog nie vanjaar verloor nie, hulle speel op Nuweland, ensovoorts ensovoorts.

Hy het alhoe meer geïrriteeerd geraak, en drie geesdriftige Stormers-ondersteuners het sy siel verder versondig namate die hops in die bottels hul werk gedoen het. Pottie het alhoe stiller geraak.

Namate die wedstryd gevorder het, het die drie Stormers se wind alhoe sagter gewaai, en Oom Pottie se brul alhoe harder geword, behalwe in daardie eerste tien minute in die tweede helfte toe die Lions van die beste verdediging uitgestal het in vanjaar se SupeReeks. Ek moet toegee, die manne van Johannesburg is nog die beste Suid-Afrikaanse span.

Oom Pottie het die drie Stormers ná die wedstryd so ontstig dat hulle stil-stil verdwyn het.

Die ongeloof op hul gesigte was nogal iets om te sien.

Gelukkig het die drie, van Bellville en hier vir ‘n familietroue, in die aanloop tot die wedstryd ‘n paar tipiese Kaapse grappies vertel. Oom Pottie het my gevra om van die stories te gebruik ter nagedagtenis aan hul rugbydrome:

‘n Man in Mitchell’s Plain stuur sy vrou om inkopies te doen. Sy kom terug met drie kiste bier, twee bokse brandewyn, een boks vodka, een kis Coke en twee brode. Hy kyk haar so en vra: “Kry ons dan visitors?” “Nee, hoekom vra djy?” “Vir wat koop djy dan so baie brood?”

Die onderwyseres vra die leerders moet vorendag kom met raaisels.

Gatiepie: “Wat het oë maar kan nie sien nie, het vier pote en kan nie loop nie, maar kan so hoog spring soos Tafelberg?” Die klas dink, maar daar is geen antwoord nie. Juffrou: “Wat is dit Gatiepie?”

“Dis ‘n houtperdjie juffrou.”

“Maar Gatiepie”, antwoord die juffrou, “‘n houtperd kan mos nie spring nie?” Gatiepie: “Tafelberg ook nie.”

Gatiep vang ‘n iemand by sy vrou in die bed.

Voordat hy hom kan herken, spring die ou deur die venster en laat spaander.

Buite beduie sy buurman straataf en vertel “hy’t daai kant toe gehardloop”.

“Dankie boet”, sê Gatiep in die verbygaan, ‘en gaan trek iets aan, dis vrek koud hierbuite.”

Gatiep en Meraai kom af op ‘n tas waarin daar R1 000 is. Gatiep vra: “Wat gaan ons met die geld maak?” “Nei, ons deel dit fifty-fifty.” Gatiep frons: “En wat maak ons dan met die anner R900?”

Gatiep is laataand by die huis toe daar ‘n klop aan die voordeur is. “Wie’s daar?” vra hy.

“Polisiemanne,” kom die antwoord, “ons wil met jou praat.” “Hoeveel is julle?” “Twee,” kom die antwoord. “Nou praat dan met mekaar.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.