Wouter se Watergat

2017-05-11 06:02

SJOE, en was verlede naweek nie besig nie! Net motorfietse waar jy kyk, en denims en nogmaals denims met die grootste verskeidenheid kentekens wat ek nog gesien het. Ek het nie besef daar is so baie motorfietsklubs in die land nie. Ewenwel, ons het lekker gekuier en soveel interessante gesprekke gehad dat ek die helfte nie kan onthou nie.

Sondagoggend, na die rugby en die sug van verligting oor die oorwinning van die Sharks, en Oom Pottie se soveelste senustryd oor sy Lions se periodieke verlies aan dominansie, alhoewel hulle gewen het, het ‘n groep tweewielers van Roodepoort hierheen gekom vir ons “specials”.

Sommer sestien in die een groep, wat natuurlik ‘n kombuis se nagmerrie is. Daar was selfs ‘n prokureur of twee in die groep, en twee susters.

Albei geneeshere. Een van die twee, Sonet Posthumus, het ons vertel van Oom Joepie, ‘n afgetrede staats-amptenaar, wat na haar spreekkamer gebring is omdat hy gesukkel het om regop te kom en krom geloop het. Sonet het vertel toe Oom Joepie se vrou hom die spreekkamer inbring, het hy geprotesteer vir die vale.

“Ek laat nie daardie geslag naby my kom nie, ek het ook my trots. Wat weet ‘n vrou nou van ‘n rug wat nie meer wil reguit word nie?”

Sonet het hom so bietjie “gecharm,” hom gekomplimenteer oor sy netjiese voorkoms, en kort voor lank was hy so mak soos ‘n lammetjie. Sy het hom gevra om hom gerieflik te maak op die bed, en gevra om van sy baadjie ontslae te raak. Daarna volg die onderbaadjie, en die hemp kon voorlopig bly. Sonet sy het in daardie stadium reeds vermoed wat die probleem was, maar het ewe bedagsaam voortgegaan met die ondersoek.

Die flitsie in die oë en die ore, voel die pols, luister na die longe en die hart, toets die bloeddruk, en sy steek haar hand voor by sy hemp in, met die ander hand stewig teen sy rug gedruk.

Oom Joepie se hart klop gevaarlik vinniger toe die “nursie-dokter,” soos hy haar genoem het, sê hulle sal saam die rug regop kry. Na ‘n paar minute verklaar Sonet alles is nou reg, Oom Joepie kan aantrek sodat hulle vir die tannie kan gaan wys. Oom Joepie is in die sewende hemel en kan nie uitgepraat raak oor die ‘dokter-nursie’ se vermoëns nie.

Waar Oom Joepie nie kan hoor nie, vertel Sonet aan die tannie dat sy so ‘n bietjie sielkunde moes toepas om Oom Joepie se ego nie met die diagnose aan te tas nie.

Toe die tannie haar half vies vra waarom dit nou nodig was, het dokter Sonet haar meegedeel indien Oom Joepie die waarheid weet, sal hy diep in sy eer gekrenk wees. Die Tannie raak toe moeilik en wou weet wat sy bedoel. ‘Tannie moet Oom Joepie laat verstaan die terapie wat ek toegepas het, het die probleem opgelos,’ het Sonet haar meegedeel, “maar hou hom tog dop en maak seker dat hy nie weer sy onderbaadjie aan sy gulp se boonste knoop vasmaak nie”.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.