Wouter se Watergat

2017-05-18 06:01

EK was vir ‘n week nie in die Watergat nie. Pottie en die res moes dinge aan die gang hou onderwyl vroulief en ek by die kinders en kleinkinders in Johannesburg gekuier het. Ek was seker twee jaar gelede daar, maar die oorweldigende indruk was weereens die geweldige druk verkeer. Hoe daardie mense elke dag by die werk en terug kom, weet ek nie. Talle van hulle ry reeds vyf uur die oggend om agt-uur by die werk te wees. Hulle kom dan lank voor agt daar aan, en sit kan op kantoor van half-sewe se kant af, maar hulle word die lang toue, frustrasie en hoë petrolkoste gespaar.

Indien hulle ses-uur of later by die huis vertrek, maak hulle dit net-net voor agt, of is selfs laat, indien daar nie ongelukke en ander oponthoude is nie. In die middae ry baie mense eers ses uur van die kantoor af om dieselfde frustrasies uit te skakel, en kom dan net na sewe by die huis. Dus veertien ure van die dag by die werk of op die pad. Dis waansinnigheid.

Ewenwel, toe ons terugry wonder ek waaroor ek hierdie week moet skryf. Was nie by toe die Watergat rugby gekyk het nie, veral nie toe die Stormers so ver verloor en die Lions weer amok gemaak het nie, maar was wel bly oor die Sharks se goeie vertoning, al moes ek oor die motorradio daarna luister.

Ons het by Harrismith gestop en iets geëet, en soos die toeval dit wou hê, (dis werklik ‘n klein wêreld) stap Hennie en Hanlie Bester ook by die Wimpy in. Hulle was op pad terug Krugersdorp toe na hul jaarlikse vakansie op Uvongo, en is gereelde besoekers by die Watergat. Na die gegroetery vra ek Hennie of hy weet van iets wat daar gebeur het waaroor ek kon skryf. Behalwe Oom Pottie se ekstase toe Sylvan Mahusa dwarsdeur die hele Rebelsspan gehardloop het, niks eintlik nie. Maar, vra hy, waarom vertel ek nie weer daardie Oom Kaspaasstorie van jare gelede nie. Hy het dit pas weer iewers raakgelees. Hy verfris my geheue, en ek vra om verskoning indien julle die storie reeds ken.

Oom Kaspaas word opgeroep om oorlog toe te gaan. Hy kon baie beter skiet as ‘n “s” uitspreek. Drie dae lank skiet Oom Kaspaas hulle die dinges uit die vyand, maar op die vierde dag val die vyand onverwags kwaai aan en Oom Kaspaas-hulle ly baie ongevalle. Hy is een van die swaar gewondes, en word per Rooikruis-ambulans na die militêre hospitaal geneem. Die verpleegpersoneel staan gereed vir ‘n nood-operasie. “Oom, waar is jy gewond?” vra die teatersuster. Oom Kaspaas wei uit oor die geveg, maar wil niks verklap oor sy wond nie.

“Oom, luister nou mooi na my. Ons moet presies weet waar die wond is, want die dokter is reeds onderweg vir die operasie,” verklaar sy ferm en beslis. Oom Kaspaas besef hy het nou nie ‘n keuse nie, en skuif effens hoër op sodat hy nader aan haar oor kan praat. “Nurthie, ath hulle jou gethkiet het waar hulle my gethkiet het, het hulle jou mith gethkiet.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.