Wouter se Watergat

2017-06-15 06:00

OOM Pottie en ek was net twee dae van die afgelope week by die Watergat en op een van ons “pelgrimstogte” na die Hluhluwe-wildtuin daar in Noord-Natal. En natuurlik ook met sy rooi 1984-Cressida-sessilinder. Wat ‘n plesier om weer met hierdie motor te ry ... nog net soos nuut, en dis asof hy ‘n lang rit geniet want hy staan meesal stil in ‘n motorhuis met ‘n gereelde pap battery. Pottie loop mos werk toe, hy bly net om die draai.

Dit was ‘n lekker kuier, behalwe die nuus dat renosterstropery in daardie geweste kwaai toeneem. Die amptenare in die wildtuin is erg bekommerd oor die toekoms, en die situasie het ons bloeddruk net weer van vooraf opgejaag.

“Die doodstraf moet weer teruggebring word,” was Pottie se driftige mening, “en hierdie bl*ks*ms moet summier opgehang word. Buitendien het ek daardie geel skreefogies oorkant die water nooit vertrou nie. Hulle is ook besig om ons donkies uit te roei.”

Terug in die Watergat moes ek toe besluit waaroor om te skryf na ‘n paar dae afwesigheid. Ek het nog so sit en peins toe stap daar twee manne van Pretoria in, albei prokureurs.
Kranige scuba-duikers, en het pas teruggekeer van die Protea-rif af waar hulle haaie dopgehou het. Waarom iemand onder die water haaie wil bespied of aanraak, kon ek nog nooit verstaan nie, maar nietemin, hulle het ontpop as bobaas-storievertellers. Hulle sou eers die volgende dag met Cemair terugvlieg, en was nie juis haastig nie.

Ben Olwage: ‘n Man sit in die stoel van ‘n tradisionele barbier, terwyl ‘n groot, sterk liggaamsbouer hom met ‘n skerp “cutthroat” skeer. ‘n Baie mooi, sexy vrou kom nader en begin sy skoene poets.

Hy kyk by die lem naby sy keel verby en sê: “Dink jy nie ek en jy moet mekaar beter leer ken nie?”

“Ek is getroud en my man sal nie daarvan hou nie,” antwoord sy.

“Vertel hom jy werk oortyd dan betaal ek jou die verskil,” stel hy voor. “Vertel jy hom,” sê sy, “hy is die ou wat jou skeer.”

Karel Gey van Pittius: ‘n Groep standerd eens en twees gaan Greyville toe om meer oor die perde-wedrenbedryf te wete te kom. Twee onderwyseresse gaan saam, en later die oggend kom een van die seuntjies na hulle toe en kla dat hulle nie by die mans-toiletbakke bykom nie.

‘n Onderwyseres loer en sien daar is geen groot mans in die toilet nie. Sy lig die een na die ander outjie op sodat hy kan piepie. Toe sy die laaste outjie oplig sien sy hy is baie beter as die ander seuntjies bedeeld, en vra hom of hy in standard vier is.

“Nee,” sê hy, “ek ry Golden Boy in die sewende wedren, maar baie dankie vir die hulp.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.