Wouter se watergat

2017-06-22 06:00

DIE groot besprekingspunt die afgelope paar dae was ongetwyfeld die vertonings van die Springbokke en die Proteas. Verlede Saterdagmiddag was ‘n groot plesier, al het ons Springbokke teen ‘n middelmatige Franse span gewen.

Die grondslag is hopelik gelê vir groter dinge vorentoe, en Oom Pottie was gou om ons daarop te wys die Speler van die Wedstryd was die Goue Leeu Malcolm Marx, en onder die ander uitblinkers was daar Andries Coetzee, Ross Cronje, Elton Jantjes, Franco Mostert, Warren Whiteley en Courtnal Skosan.

“Jy kon sommer sien die spelpatroon van die Lions was daar”, het Pottie gejubel, “die hele spelpatroon van die Springbokke het verander”. Terloops, wat die Beast nog daar doen, weet nugter.

Ons het Pottie gou daarop gewys dat Whiteley nie so lewendig was soos wanneer hy vir die Lions speel nie, en Skosan nie veel uitgerig het nie, en boonop dat Franco Smith van die Vrystaat, wat dieselfde benadering as Johan Ackerman het, een van die hulp-afrigters is, maar Pottie wou niks daarvan weet nie.

Ek sal hom graag wil hoor wanneer ons met die All Blacks kragte meet en manne soos Kieran Read teëkom. Goeie kaptein of nie, dan gaan Warren Whiteley sy moses teëkom. Dis waarskynlik die Lions se voorland binnekort, in elk geval. Ons losvoorspelers, veral sonder Jaco Kriel, was nie juis kookwater teen die Franse nie. En die Proteas? Kom ons los dit liewer daar. Hulle het die wedstrtyd teen Indië soos amateurs weggeggooi. Ons kort ‘n nuwe kaptein met meer toewyding, al is AB die beste speler ter wêreld, en ‘n nuwe afrigter wat streng dissipline toepas.

Verder is daar nie veel waaroor ek hierdie week verslag kan doen nie, behalwe om ‘n verhaaltjie oor te vertel wat Oom Pottie, van alle mense, per e-pos van sy dogter gekry het: ‘n Man se vrou kom nie terug van ‘n inkopierit wat sy die vorige dag onderneem het nie. Hy bekommer hom deur die nag, maar aanvaar sy sal die volgende dag haar opwagting maak. Toe dit nie gebeur nie, gaan hy polisiestasie toe en meld haar verdwyning aan.

Man: My vrou is weg. Sy het gister gaan inkopies doen en is nog nie terug nie. Sersant: Haar lengte? Man: Nie regtig seker nie, gemiddeld vir ‘n vrou, so l.5 meter? Sersant: Gewig? Man: Weet nie juis nie. Het baie gewissel omdat sy gereeld die een of ander “minder-eet-en-oefenplan” volg. Sersant: Haarkleur? Man: Dit wissel, sy verander dit elke paar maande. Waarskynlik donkerbruin. Sersant: Wat se klere het sy aangehad? Man: Dit kon ‘n broekpak gewees het, of ‘n rok. Ek kan nie mooi onthou nie. Sersant: Waarmee is sy weg. Het sy ‘n voertuig gehad? Man: Sy het met my splinternuwe ingevoerde Ford Ranger F-150 King Ranch gery. Dis ‘n viertrek-voertuig met ‘n V-8-masjien met ‘n turbo-aanjaer. Die Ford het ‘n sesgang-handratkas. Die sitplekke is van spesiale Bisonleer wart jy net in Amerika kry. Die vloermatte is van spesiale rubber, en sy sleephak is van spesiaal-versterkte staal om die grootste woonwaens te kan sleep. Hy het die nuutste model radio en DVD-speler, ses plekke vir koeldrankhouers. Die uitlaatstelsel is iets om te sien en hoor. Daarbenewens het ek allooiwiele van Michigan af ingevoer, laat aansit met net die beste Desert Dueller-bande. Hy het ‘n ligte skrapie aan die linkerdeur wat gister veroorsaak is ... my vrou ... my vrou het haar misgis ... my vrou ...

Die man begin onbedaardelik snik en neem ‘n tydjie om tot verhaal te kom. Die sersant sit sy hand op die man se skouer. “Moet nou nie bekommerd wees nie, my maat. Hou net moed. Ons het fantastiese speurders. Ons sal jou Ford Ranger kry.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Buying a puppy? Don’t get scammed!

Hundreds of complaints are filed every year from victims who were scammed when buying a dog online.

 
 

Paws

WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
5 Celebrities who are afraid of animals
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.