Wouter se Watergat

2017-08-24 06:00

EN daar gebeur dit weer. ‘n Lions-speler kry ‘n rooikaart, en pleks van in die tweede helfte terugveg soos teen Die Crusaders, vou hulle heeltemal en verloor sleg nadat hulle in ‘n stadium met oor die twintig nul voor was.

Ek het die Sharks al afgeskryf want die Lions (se tweede span) was hulle heeltemal oor. In die twee helfte het die neerslagtigheid in uitbundigheid verander. Die gebrek aan ervaring by baie van die nuwelinge het ooglopend ‘n groot rol gespeel, en veertien man sonder ‘n sleutelspeler kon nie weerstand bied teen Sharks wat bloed geruik het nie. Die arme Oom Pottie. Hy het Vrydag voor hierdie wedstryd eers teruggekom van ‘n “terapeutiese” besoek aan sy dogter in Gauteng, en in die eerste helfte van verlede Saterdag se wedstryd was hy weer die luidrugtige en selfvoldane Lion van ouds. Later het hy stil-stil verdwyn, en ek het hom Woensdag eers weer gesien toe hy moes kom help met ‘n spesiale funksie.

Min gepraat, en wanneer hy wel iets gesê het, het hy rugby vermy. Ewenwel, vanjaar se Curriebekerreeks is maar ‘n skadu van die kompetisie van die verlede, en dis goed dat ‘n hersiening aangekondig is.

Ons spesiale funksie was ‘n troudagviering vir Tom en Ansie Terblanche van Johannesburg, en ons het baie komplimente gekry vir die gehalte van ons kos. Almal wou die resep hê van vroulief se boontjiesop.

Een van die mense wat daaroor navraag gedoen het, was Jana Verwey, Tom se suster, wat saam met haar man Gert al die pad van Pietermaritzburg af gekom het. Sy het vertel die sop het haar laat dink aan die sakevrou wat op haar verjaardag deur haar kollegas op ‘n middagete getrakteer is.

Sy het twee borde restaurant-boontjiesop geeët omdat dit so lekker was. Haar man wag haar later die middag by die voordeur in, en lig haar in hy het ‘n spesiale verjaardag-verrassing gereël. Hy blinddoek haar en lei haar na die eetkamertafel. Net toe sy sit, lui sy selfoon, hy sien dis ‘n krisis by sy werk, maak verskoning en gaan gou kombuis toe om die oproep te beantwoord.

Net daar begin haar maag geluide maak. ‘n Skielike aanval van “flatulensie”’, wat reeds op pad huis toe begin het, oorval haar. Haar man is nog in die kombuis, sy lig haarself effens op en laat waai met ‘n ontlading.

Sy skrik self vir die geluid en die onaangename reuk. Verskriklik. Binne dertig sekondes is die drukking terug en weer laat sy waai. Haar man sluit sy gesprek in die kombuis af, en sy maak weer seker sy’s ok. Dié keer is die onaangename walm eers erg, maar dit verdwyn voor haar man se oproep klaar is.

Hy kom terug, maak verskoning vir sy afwesigheid, en vertel aan sy vrou hy het vir haar 50e verjaardag ‘n baie spesiale verrassingsete gereël het met die hulp van buite-spyseniers.

Daarmee haal hy haar blinddoek af. By haar aan tafel (vol disse en elkker mos) sit haar twee seuns met hul vriendinne, en twee van haar eie beste vriendinne en hul mans.

Van hulle met groot oë, haar kinders erg ontstig, syself tot in haar siel geskok, en haar man totaal oorbluf oor die die mense voor hom se reaksie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.