Wouter se watergat

2017-09-14 06:00


NIE veel het die afgelope week hier by ons gebeur nie. Dieselfde gesigte van ons gereelde daaglikse besoekers ... julle weet mos, daardie ouens wat óf op pensioen is en niks te doen het by die huis nie, óf afhanklik is van die geselskap en natuurlik die vloeibare medisyne wat ons verkoop, en wat klokslag tien-uur in die oggend hier inloop en eers vier- vyfuur die middag vertrek.

Aangevul deur die paar nuwe buiteseisoen-aankomelinge wat kom vakansie hou. Ek moet egter bieg, vanjaar se vakansieganger-besoekers is heelwat minder as voorheen. Dit kan te wyte wees aan die swak ekonomie, want selfs ons plaaslike besoekers kom minder dikwels hierheen. En pleks van ‘n lekker groot biefstuk met slaai en watookal, bestel hulle ‘n kroeghappie wat die helfte minder kos.

Ongelukkig is van die binnelandse besoekers wat wegbly, afgeskrik deur die onlangse talle waterlose dae op vakansieplekke. V

an hulle het ons ingelig hulle kom nie terug voordat hulle seker is hul vakansies gaan nie weer bederf word deur munisipale onbevoegdheid nie.

Ons moet maar almal duim vashou dat iets iewers sal gebeur om hierdie land van ons te red van ‘n ekonomiese ramp.

Ongelukkig lyk dit asof ons so ver heen is dat net ‘n wonderwerk ons gaan red. Soos om Pottie dit herhaaldelik verkondig ... wat help dit as die ANC baie gedoen het om die lewens van die benadeeldes van die verlede drasties te verbeter, maar hulle “trek die land deur hul agterente met hulp van die Guptas?”

Die ligpunt is dat alhoe meer senior mense binne die regerende party hierdie waarheid begin besef, ook hier op die Suidkus. Of dit gaan help, sal net die tyd leer. Ons kan maar net hoop en bid. Veral bid.

Rugby? Nie veel om te sê nie, behalwe dat die Curriebekerklug vererger. Watter kans het die Cheetahs se derde span teen die Sharks? En die Lions se tweede/derde span? Die WP, Bulle en Sharks self is nie op volle sterkte nie.

Springbokdiens kan nog verstaan word, maar iets moet gedoen word om die trekvoëls na Japan en elders hier te hou. En die kompetisie-strukture aan te pas.

Ons storie van die week kom van Jansie Vermeulen, ‘n besoeker van Rustenburg. Sy bedryf ‘n troeteldierwinkel, en vertel van ‘n vrou wat by ‘n soortgelyke winkel ‘n papegaai kom koop. Ouerige storie, maar nog steeds snaaks. Die eienaar wys haar ‘n African Grey, nie meer jonk nie, maar teen net R400. “Waarom so goedkoop?” vra die vrou. “Hierdie kêrel was vyf jaar lank in ‘n bordeel, en sy taalgebruik is effens rof.” “Nee wat,” antwoord die klant, “ons is nie bekrompe nie, en dit sal nogal interessant wees om so ‘n papegaai in ons huis te hê.” Sy koop hom.

Toe sy die hok op haar eetkamertafel neersit, laat waai die papegaai: “My f#k, ‘n nuwe bordeel en nuwe madame.” Haar oë rek.

Haar twee dogters stap in, en die papegaai verklaar “aha ... twee nuwe prostitute.” Die pare oë rek. Haar man kom tuis. Die papegaai sien hom.

“Goeiste, alles nuut, maar dieselfde ou customers. Hoe gaan dit Freddie?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.