Wouter se Watergat

2017-09-21 06:00

HIER by ons in die Watergat het dinge maar redelik “normaal” verloop, redelike omset, hoewel laer as verlede jaar hierdie tyd, enkele jonger besoekers sonder kinders wat hier kuier, en die gewone gesprekke wanneer sportwedstryde dopgehou word. Veral rugby.

Die gebrekkige Curriebeker-rugbyreeks was weer in die kollig toe die Cheetahs se derde span deeglik deur die Westelike Provinsie afgeransel is. Dit was die enigste wedstryd verlede Saterdagmiddag, en het baie bygedra tot die verveeldheid hier by ons. Selfs die toeskouers op Nuweland kon nie goed gevoel het oor die totale eensydigheid wat voor hulle afgespeel het nie.

Daar is nou by my geen twyfel dat die Sharks vanjaar die Curriebeker-kampioene gaan wees nie, want hoewel die Lions weer op die wenpad is, kan ek nie sien dat die manne van Durban gekeer kan word nie. Selfs Pottie bly stil wanneer ek so sê.

Die Springbokke? Soveel foute en verkeerde opsies teen die All Blacks gaan fataal wees. Hulle gaan ons ‘oprol soos kitsgras’, was een van ons besoekers se kommentaar.

Die onderwerp wat groot aandag gekry en gesprekke vandeesweek uitgelok het, was die moorde op vier kinders naby Port Edward. Nie die moorde as sodanig nie, maar die feit dat hulle met ‘n mes doodgesteek en drie van hulle se ore afgesny is.

Dit het in gesprekke ontaard waarvan die meeste nie hier herhaal kan word nie vanweë uitsprake wat as rassisties beskou kan word. Ons was dit egter almal eens - in watter soort samelewing woon ons waar sulke dinge gebeur, en hoewel dit nog nie in hierdie geval bewys is nie, moorde gepleeg word om muti te versamel?

Elders is die land was daar ook die afgelope tyd heelwat voorvalle waar mense vermoor en vermink is vir muti. Dan praat ek nie eens van die mensvreters nie. Of van die “heksejagte”, veral in Venda, waar vroue wat van heksery verdink word, summier aan die brand gesteek word. Selfs diere soos leeus word afgemaai vir muti? Hoe verduidelik ‘n mens hierdie dinge? Deur die geykte “Afrika is nie ‘n plek vir sissies” nie?

Die glimlag van die week kom van dr. Bernard van Wyk van Johannesburg.

‘n Dokter sou die dag uitstedig wees en vra vir Koos, ‘n manlike verpleër, om ‘n ogie oor die pasiënte te hou. Die volgende dag kom die dokter terug en vra vir Koos hoe dit gegaan het.

Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het. Die eerste pasiënt het ingekom met ‘n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benilyn vir die hoes.

Die tweede pasiënt het ingekom met ‘n vreeslike allergie en toe gee hy vir hom Alergex.

Die dokter was baie beindruk en vra wat van die derde een.

“Nee”, sê Koos, “daar het ‘n vrou ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoektafel gaan lê en vir hom gesê: ’Ek het vier jaar laas ‘n man gesien.’

“O gaats,” sê die dokter.

“En wat doen jy toe, Koos?”

“Nee”, sê Koos, “toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.