Wouter se Watergat

2017-10-12 06:00

WEER ‘n gelykop-uitslag teen die Australiërs, hoewel die Bokke by tye baie goed gespeel het. Ongelukkig baie foute gemaak op kritieke tye. En toe mis Elton met die skop wat die oorwinning kon beklink. Almal hier in die Watergat was dit egter eens. Hy kan nie blameer word nie, want hy het ‘n goeie wedstryd gehad en gewys hy skrik nie vir groot manne op vol spoed nie, en was deurentyd koelkop.

Daar was ook heldedade deur ander Springbokspelers, maar ek is bevrees: die komende naweek gaan die waterskeiding wees. Moet Allistair Coetzee bly of gly? En die res van sy afrigtingspan? Franco Smith? Vrystaat- (afgekyk by die Lions?) rugby, sonder variasie, werk op provinsiale en SupeRugbyvlak.

Maar teen nie teen die twee top internasionale spanne? Nee. So Toetie moet waai indien ons teen die All Blacks verloor. Nog verskonings van “positiewes uit die wedstryd” tel nie meer nie. Iets vertel my Brendan Venter se vermoëns, veral as verdigingsafrigter, word oorskat. Hy het hopeloos te veel ysters in die vuur, en moet maar liewer net mense gesond maak.

Bring vir Rassie Erasmus. Geen twyfel hy gaan ‘n verskil maak nie. Die Curriebeker? Tensy iets drasties gebeur, die Sharks s’n. Wat ons in die Watergat goort plesier gaan verskaf. Okay, die ander spanne is verswak, maar die Sharks verdien dit. Selfs Oom Pottie gee dit toe na drie skuimkoppe.

Die ander gesprekspunt van die week het gehandel oor ‘n man wat een van die invloedrykste van sy era was. Nie omdat hy politieke denke verander het, nie, nie omdat hy ‘n land van politieke ondergang gered het nie, nie omdat hy ‘n Nobelprys in ‘n spesifieke vakgebied gewen het nie, maar omdat hy ‘n tydskrif begin het wat alle vorige norme omgekeer het.

Ek praat van Hugh Hefner en Playboy. Veral die ouer geslag sal hom onthou met sy Playgirls, Bunny girls en sy “Mansion”.

Sy tydskrif met die kaal meisies en briljante joernalistieke insetsels wat ‘n wen-kombinasie was. Male sonder tal het die uwe mense teëgekom wat saakmakende feite aangehaal het, en skaamteloos vertel het hulle het dit in Playboy gelees.

Terselfdertyd was die naakfoto’s van die wêreld se bekendste vroue, nie net aktrises nie, ‘n groot aantrekkingskrag.

Om dit sagkens te stel. Voor Playboy in Suid-Afrika gewetttig is, was dit die eerste tydskrif wat die meerderheid Suid-Afrikaanse mans gekoop het wanneer hulle oorsee geland het. Die uwe inkluis. Nie almal het van jou gehou nie Hef, maar jy was ‘n “meneer” op jou eie manier.

Ons glimlag van die week kom van AfriForum se Wessel Pretorius wat hier ingeloer het: ‘n Meksikaan was op televisie met die Britse TV-aanbieder Anne Diamond toe hy die woord mañana gebruik.

Diamond het hom gevra wat dit beteken. Hy het verduidelik dit beteken “miskien sal die werk/taak teen more afgehandel wees, moontlik die volgende dag, moontlik volgende week. Dalk aanstaande maand, of aanstaande jaar.”

Diamond het na ‘n Suid-Afrikaner gedraai wat ook op die program was en gevra of daar ‘n ekwivalent van die woord in sy taal is.

“Nee,” het hy geantwoord, “in Afrika het ons nie ‘n woord om daardie graad van dringendheid te beskryf nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.