Wrokkige mense

2017-04-27 06:00

DAAR is mense onder ons wat krom trek onder die laste wat hulle dra. Nee, hulle is nie menslike pakdonkies nie.

Hulle is wrokkige mense. Hulle is mense wat swaar dra aan die seer van die verlede. Is jy een van hulle? Dit kan jy wees as jy ‘n gevoel dra in jou hart teenoor iemand wat jou verwond het.

Dit kan jy wees as jy nog nie jou trauma saam met ‘n professionele en empatiese persoon deurgewerk het nie. Dit kan jy wees as die Here se genade jou nog nie heel gemaak het nie.

Jy is dalk onregverdig behandel deur jou werkgewer of jou minnaar. Jy voel in die steek gelaat.

Jy is afgekraak, misbruik, of verneder voor mense. Wrokkige mense se woede vlam op en gaan soms oor in bekgevegte of fisiese gevegte.

Sommige mense dra die wrokke diep in hulle rond en die vlam verteer hulle van binne af. Hulle word siek en die hoofpyne of maagpyne of ander strespunte vernietig hulle stukkie vir stukkie.

Dalk voel jy dat dit wat jy tot hiertoe gelees het jou aanspreek. Jy kan daarmee saamstem.

Jy voel sommer weer die seer. Jesus se woorde in Matteus 5:22-23 ruk mens egter tot stilstand: “As jy jou gawe na die altaar toe bring en dit jou byval dat jou broer, of suster, iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.”

Destyds het jy ‘n lam of iets anders na die priester toe gebring. Jy het jou sonde bely en hierdie dier is in jou plek geoffer.

Jesus sê nou aan sy hoorders dat as hulle na God toe kom vir vergifnis van sonde en hulle onthou dat iemand iets teen hulle het, moet hulle uit die “kerk” stap, alles los waarmee hulle besig is en eers gaan vrede maak met die een wat iets teen hulle het. Dan kan hulle weer kerk toe kom.

Jy voel dalk diep seergemaak deur iemand. Jesus vra jou vandag: “Wie het jy seergemaak?” Is jy bereid om, sover dit van jou afhang, te gaan vrede maak?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.