Brandwag sportster ‘pootjie’ homself by wêreldspele

2015-08-06 06:00
=Levert Pieterse het aan die wêreld-jeugspele in Columbia deelgeneem. Hy was losvoor in die 110m hekkies vir seuns o.17 semi-finaal toe hy die laaste hekkie raakgetrap het.  
Foto:
VERSKAF

=Levert Pieterse het aan die wêreld-jeugspele in Columbia deelgeneem. Hy was losvoor in die 110m hekkies vir seuns o.17 semi-finaal toe hy die laaste hekkie raakgetrap het. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Levert Pieterse (17) kranige 110m-hekkiesatleet van Brandwag Hoërskool het onlangs as deel van die SA atletiekspan aan die Wêreld Jeugspele in Colombia deelgeneem.

Pieterse het ‘n belowende seisoen agter die rug. Hy was onder andere die Oos-Kaap asook OP kampioen in die 100m naellope (10.4 sy beste) asook in die 110m hekkies o.17.

Pieterse het in Columbia tydens die eerste uitdun reeds gewys dat hy gevaar inhou vir die bestes in die wêreld. Hy het, ten spyte van ‘n los veter wat gedreig het om hom te pootjie, oortuigend tweede geëindig in die wedloop.

In die semi-finale was Pieterse eerste uit die blokke en sowat 80% van die tyd ten minste twee tree voor sy mededingers. Toe gebeur die onvoorsienbare, Pieterse trap die heel laaste hekkie raak en tuimel grond toe. Dit het hom ‘n plek in die finaal gekos.

Sy afrigter, Karel Gerber, glo dat Pieterse beslis in lyn was om ‘n medalje te wen by die wêreldspele.

Pieterse het gesê dat hierdie geleentheid om op die atletiek wêreldverhoog deel te neem, beslis die grootste oomblik van sy lewe was, ten spyte van sy teleurstelling.

Die vorige hoogtepunt was toe hy in 2013 die SA o.15 hekkieskampioen was.

Pieterse is boonop ook nog ‘n kranige rugbyspeler. Hy is een van die groot driedrukkers in Brandwag se eerste vyftiental, wat hierdie jaar plaaslik nog onoorwonne is.

Hy het vir hom ‘n plek in die OP Akademie-span losgespeel en ‘n hele paar drieë gedruk.

Daar lê ‘n blink toekoms vir hierdie kranige sportman voor.

Hy hoop om verder te studeer en sy sportloopbaan by ‘n tersiêre inrigting voort te sit. Intussen doen die drieëvraat nog diens vir Brandwag se bulspan. - Verslaggewer-

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.