Brandweerman laat waai by wêreldspele

2015-08-27 06:01
andlt;Uitenhage brandweerman Riaan Senekal het aan die wêreldspele vir  polisie- en brandweerlede deelgeneem wat in Washington gehou is en hy het met drie medaljes huistoe gekom. 
                        Photo:
THEO JEPTHA

andlt;Uitenhage brandweerman Riaan Senekal het aan die wêreldspele vir polisie- en brandweerlede deelgeneem wat in Washington gehou is en hy het met drie medaljes huistoe gekom. Photo: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Riaan Senekal, ’n brandweerman van hier en die enigste Oos-Kapenaar wat aan die afgelope World Police and Fire Games in Washington, Amerika, deelgeneem het, het drie medaljes huis toe gebring.

Dit was vanjaar die eerste keer dat hy deelgeneem het. Voorheen het Senekal, gestasioneer by die KwaNobuhle-brandweerstasie, in 1998, 2010 en 2012 aan die Wêreldspele vir brandweerlede deelgeneem en ’n totaal van 12 medaljes, waarvan 4 goud, gewen.

Met die afgelope wêreldbyeenkoms het deelnemers uit 60 lande in 60 verskillende sportsoorte teen mekaar meegeding. “Dit was taai,” het Senekal gesê.

Hy was een van die 26 Suid-Afrikaanse deelnemers.

“Ek het voor die tyd op Google geboer en na die afstande gekyk in spiesgooi, gewigstoot en ­hamergooi. Toe sien ek, nee boetie . . . met die spies en gewig gaan ek nie in my ouderdomsgroep die paal haal nie. Maar in hamergooi het ek gesien ek staan ’n goeie kans.”

Senekal se “kans” is bewaarheid en hy het in die hamergooi – in die ouderdomskategorie 40 tot 44 jaar – met sy derde plek ’n brons­medalje verdien. En terwyl hy nog op die ­sportveld van die George Mason-Universiteit in Virginia was, kry hy ’n WhatsApp-boodskap van sy Suid-Afrikaanse kollegas wat hom as anker soek vir die toutrekspan.

“Washington is groot, die verkeer erg en die toutrekkers 15 km ver. Taxi’s is vrek duur en jy betaal tot 50 dollar. Gelukkig het een van die vrywilligers aangebied om my per motor na die span te neem.”

Hy het toe as anker bygedra dat die tou-trekspan in die swaargewig- sowel as die ope-afdeling silwermedaljes gewen het. Hul Noorweegse teenstanders was net te sterk en is as die kampioene bekroon.

Senekal, al 24 jaar lank ’n brandweerman, beplan nou reeds vir die volgende byeenkoms in 2017 in Montreal, Kanada. “Dán wil ek aan vyf items deelneem. Ek sal nou die eerste keer die kans kry om in my ­gunstelingsport mee te ding . . . en dít is visvang!”

Die ander items waaraan hy gaan deelneem, is gewigoptel, 50 m swem, hamergooi en toutrek.

“My broer Alton Senekal is ook in die brandweer en lief vir sport én hy is my beste vriend. Ek kan nie wag dat ons twee by dié spele in Montreal weer vir ‘n slag saam kan meeding nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.