Bus ‘jaag’ oor geliefde hond

2015-05-07 06:00
=Zuska Heymans by die plek waar haar hond aan die verkeerde kant van die pad deur ’n bus doodgery is.
     Foto:
HEILIE COMBRINCK

=Zuska Heymans by die plek waar haar hond aan die verkeerde kant van die pad deur ’n bus doodgery is. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

As ’n bus vol skoolkinders ’n groot hond middeldeur ry, sowat 12 meter se remmerke agterlaat en dit boonop aan die verkeerde kant van die pad, is dit onwaarskynlik dat die busbestuurder by die spoedperk gehou het.

Dit bogenoemde is die menings waaroor Zuska Heymans van Lavendersingel in Fairbridge Heights baie sterk voel.

“Ons harte is stukkend. Lize, ons nege maande oue Dobermann was soos ’n kind in ons huis. Sy was vir ons waardevol in terme van geld, maar haar liefdevolle geaardheid was van onskatbare waarde. My argument is wat as dit een van die kinders in die straat was wat raakgery is?” het Heymans gevra.

Sy sê sy vermoed iemand het die voorhek oopgemaak, die honde gesien, geskrik en die hek oopgelos.

“Ons honde kom nooit uit nie en ken nie die straat nie.”

Benjamin Witbooi, ’n bouer wat oorkant die straat bedrywig was, het die ongeluk gesien gebeur.

“Hy (busbestuurder) het soos ’n Amerikaner aan die anderkant van die pad gery. Ek kon hoor die bus kom vinnig op teen die bult. Toe hoor ons die ge-skreeu van remme en een hengse slag,” het Witbooi gesê.

“Die bus het gestop, die bestuurder het uitgeklim en die hond onder die bus uitgetrek en verder gery.”

’n Ontstelde Heymans het daarna die Algoa Bus maatkappy gebel om die voorval aan te meld sowel as vir Laerskool Albertyn, wie se leerders in die bus was.

“Die man van Algoa Bus maatskappy het gesê hulle busse is almal onder spoedbe-heer en is gestel om nie vinniger as 70km/h te ry nie. Dit is bog, daardie bus vol skool-kinders hét vinnig gery.

“Ek kan my hond nie terugkry nie, maar voel dit is my verantwoordelikheid om die voorval aan te meld. Dit is nie ’n verantwoordelike bestuurder wat so ry nie,” het Heymans gesê.

Jan, die Heymans-gesin se ander Dobermann, loop huil-huil in die huis rond.

“Toemaar, Remy (9) my seun sal met hom speel dan voel hulle altwee beter. Ons elkeen het maar ons eie manier om die hartseer van Lize se dood te verwerk.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.