Despatch inwoners staan tou vir water

2015-07-02 06:01

Inwoners van Despatch is sedert Saterdag met droë krane gelaat.

Maandag het inwoners plek-plek op die dorp by waterpunte saamgedrom om drinkwater by vyf munisipale tenkwaens te tap.

JP Labuschagne het saam met mede-inwoners in ’n lang ry gewag om sy twee 40 liter-waterkanne vol te maak.

“Ons water het Sondag opgehou loop. Ons het water gekoop om te drink en geglo die probleem sal vinnig opgelos word. Maar vanoggend (Maandag) was die krane steeds droog.”

Aubrey Delport, ’n inwoner van Tulbaghstraat, sê hy het Saterdagmiddag laas uit sy krane water gekry.

“Dit is nou al die tweede naweek dat ek sonder water sit. Gaan dit nou ’n gereelde probleem raak?” wou Delport, besig om sy waterkan te vul, weet.

“Wat my kwaad maak, is die lek by die munisipale reservoir in my straat. Sedert verlede jaar November loop die water in die straat af. Die munisipaliteit het nou nog nie dié lek herstel nie – hy gaan seker net so sloer met dié waterpyp!”

Volgens Marthie Nel, waarnemende direkteur van die Nelson Mandela Metropool se kommunikasiekantoor, is Despatch droog weens ’n hoofwatertoevoerpyp wat deur kontrakteurs beskadig is terwyl hulle met konstruksiewerk in Khaya­mnandi besig was.

“Die beskadigde waterpyp het veroorsaak dat een van ons reservoirs heeltemal leeggeloop het. ’n Tegniese span en kontrakteur is reeds besig met herstelwerk aan die pyp.”

Tot dié werk afgehandel is, kan inwoners tot 23:00 vanaand hul water by die vyf tenkwaens in die dorp gaan haal, het Nel bygevoeg.

Despatch loop die afgelope paar jaar erg deur onder watertoevoerprobleme, het raadslid Francois Greyling benadruk. “Gewone waterlekke en/of gebarste pype veroorsaak ook mega-waterverliese op ’n daaglikse basis.”

Hy skryf die situasie toe aan die munisipaliteit se onvermoë om kritieke vakante poste in die loodgieter-afdeling te vul.

Nog ’n lang doring in die watervlees is die outomatiese waterkleppe van die reservoirs in Khayamnandi wat buite werking is en met die hand oop- en toegedraai moet word, het Greyling bygevoeg. “Maar nou is daar personeeltekorte, so die oop- en toedraai geskied nie soos dit moet nie, gevolglik loop daar nóg water weg.”

Greyling het presies rekord gehou van hoeveel keer Despatch se krane die afgelope vier jaar droog was. Hy het al vroeër dié data aan die uitvoerende direkteur van infrastruktuur en ingenieurswerke gestuur.

“Daar is geen plaaslike munisipale lood-gieterspan op die dorp om waterprobleme so gou as moontlik op te los nie. Hoekom word dit nie aan plaaslike loodgieters, wat onmiddellik kan reageer, uitgekontrakteer nie?” wou Greyling weet

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.