Despatch-skrywer wen in Lapa-kompetisie

2015-07-09 06:00

Skrywer Jan Vermeulen van Despatch is die wenner van die Lapa-jeugromankompetisie wat pas aangewys is.

Vermeulen ontvang dit vir Abbakind, ’n verhaal oor ’n seun wat by sy vervreemde pa in die Oos-Kaap moet gaan bly ná ’n ongeluk waarin hy en sy vriende onder die invloed van drank en dwelms ’n verkeerskonstabel omry.

Die beoordelaars beskryf dit as ’n aangryp-ende, eerlike grootwordverhaal oor ver- slawing en tweede kanse. Vermeulen ontvang R25 000.

Fanie Viljoen is die naaswenner met Afkop, ’n spanningsverhaal oor Trent, ’n tienerseun, wat ná ’n rowwe partytjienag en ’n wilde jaagtog met ’n sak vol geld by die huis aankom. Dinge loop in regte Tarantino-styl skeef. Hy ontvang R15 000.

Marita van der Vyver is derde met Al Wat Nodig Is, ’n Suid-Afrikaanse storie oor ’n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om ná sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi. Sy ontvang R10 000.

Altesame 74 inskrywings is ontvang. Die vorige wenners was Nanette van Rooyen (Ek Was Hier), Fanie Viljoen (Betower) en Carina Diedericks-Hugo (Permanente Ink).

) Die wenner van ’n nuwe kortverhaalkompetisie wat Lapa en die tydskrif Kuier en Pen Afrikaans aanbied, is ook pas bekend gemaak. Joanne Alexander is die wenner met haar verhaal “Meester”. Sy sal R5 000 ontvang en haar wenverhaal sal in Kuier gepubliseer word. Die finaliste sal elkeen R1 000 ontvang en ’n slypskool bywoon.

Altesame 263 inskrywings is ontvang. Die finaliste is soos volg: Tienie Holtzhausen (met die verhaal “Pap en Runners”), Theltom Masimila (“Net tot na die Einde”), Terence Mesias (“Moedertjie”), Ilisna Nel (“Uit die Oog”), Lucreshia Pietersen (“Juliana”), Bernice Saulse (“Fooitog”), Neville Deon Simpson (“Vloks­man”), Rita Swanepoel (“Nuwejaar”), Miriam Telanie (“ ’n Nuwe Dag, ’n Nuwe Droom”), Marishall Theron (“Waakengel”), Adele van Zyl (“Gebottelde Duiwel”), Antoinette Venter (“’n Mossie soos Emma”), Alida Walker (“ ’n Prys om te Betaal”) en Magdalena Wardle (“Mishandeling”).

Dié skrywers sal ’n slypskool bywoon waar van hulle geïdentifiseer sal word vir deel- name aan ’n mentorskapsprogram vir moontlike publikasie, onder leiding van Danie Marais, Bettina Wyngaard en Rachelle Greeff.

Chanette Paul het by Lapa se mediageleentheid in Kaapstad die 2014-Lekkerlitprys van R10 000 vir haar gewilde roman Siende Blind ontvang

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.