Die kuns van ’n skeidsregter is om die spel te laat vloei

2015-07-30 06:00
Internasionale netbalskeidsregter Theresa Prince (regs) is een van slegs 16 skeidsregters wat uitgenooi is om by die Netbal Wêreldbeker in Sydney, Australië te blaas. Sy het Sondag die Protea netbalspan se afskeidsfunksie in Pretoria bygewoon voor hu

Internasionale netbalskeidsregter Theresa Prince (regs) is een van slegs 16 skeidsregters wat uitgenooi is om by die Netbal Wêreldbeker in Sydney, Australië te blaas. Sy het Sondag die Protea netbalspan se afskeidsfunksie in Pretoria bygewoon voor hu

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Een van Suid-Afrika se slegs drie internasionaal gegradeerde netbalskeidsregters, Theresa Prince, vertrek Sondag na die Wêreldbeker-netbalbyeenkoms vir senior spanne in Sydney, Australië.

“Die belangrikste as skeidsregter langs die netbalbaan is hoe jy die voordeelreël toepas om die spel te laat vloei,” het Theresa Prince, bemarker van Hoërskool Despatch, gesê.

Sy is een van slegs 16 internasionaal gegradeerde netbalskeidsregters wat deur die internasionale netbalfederasie genooi is na die Wêreldbeker.

“Daar is ’n fyn lyn tussen kontak en kompeterende spel. Dit beteken jou beslissing moet in ’n breukdeel van ’n sekonde geneem en toegepas word.

“Jy moet met jou fluitjie die wedstryd bestuur. Dit mag nie handuit ruk nie . . . en dit kan rof raak op die baan. Veral as spanne soos Australië en Nieu-Seeland teen mekaar speel. Dit is hard, hulle gaan vir die bal.”

Fiksheid is ook belangrik.

“Want as jou lyf moeg is, hardloop die wedstryd vir jou weg. Jy moet elke sekonde van ’n wedstryd op jou voete dink.”

Maar jy moet ook op hoogte van die reëls bly.

“Netbal is die grootste vrouesportsoort ter wêreld en die internasionale netbalfeder-asie het ten doel om die spel vloeiender en nog meer toeskouervriendelik te maak. Daarom word sekere netbalreëls elke vier jaar ná ’n Wêreldbeker-toernooi hersien. Gevolglik moet skeidsregters dit ken en word hulle deur die internasionale netbalfederasie genooi om in ’n toetsreeks die fluitjie te hanteer vir hergradering.”

Die Wêreldbeker-toernooi word elke vierde jaar aangebied en vanjaar, van 7 tot 16 Augustus, word dit die 14de keer gehou. Altesaam 16 spanne gaan meeding.

’n Totaal van 64 wedstryde sal gespeel word. In die hoofwedstryd, net ná die amptelike opening, sal die verdedigende kampioen, Australië, teen die span van Trinidad en Tobago te staan kom.

Die Suid-Afrikaanse netbalspan is sesde op die wêreldranglys en kom in sy eerste wedstryd teen Malawi te staan.

Prince is opgewonde oor die Suid-Afrikaanse span, en veral oor hul nuwe aanslag onder die nuwe afrigter, Norma Plummer, ’n Australiër. “Sy is ’n kwaaitjie! Die spelers weet presies wat van hulle verwag word. Daarom kan ons uitsien na goeie wedstryde van ons Proteas.”

Prince, die bemarker van Hoërskool Despatch en nog ’n internasionale netbalskeidsregter van Suid-Afrika, Marielouw van der Merwe, vertrek eerskomende Sondag na Sydney.

Prince lag oor die vraag of skeidsregters teen mekaar meeding, en antwoord toe: “Jy is net so goed soos jou laaste wedstryd wat jy geblaas het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.