Dwelms en afwesige leerders knak skole

2015-10-22 06:00

Die Oos-Kaapse onderwysdepartement is vandeesweek oor die vingers getik oor die toestande by skole in Uitenhage en Despatch, waar oorvol klaskamers, onderwyser-tekorte en vandalisme reeds jare aan die orde van die dag is.

Dít volgens ‘n skok-verslag van die provinsiale wetgewer, wat Dinsdag aan inwoners van Nelson Mandelabaai bekendgestel is. Die wetgewer se staande komitee vir onderwys het vroeër vanjaar ses skole in die metro, waaronder die John Walton-hoërskool en die RH Godlo primêre skool in Uitenhage en Despatch Primêr, besoek.

Hul bevindinge het talle probleme, wat ook dwelm-misbruik en handboek-tekorte insluit, by die skole uitgelig.

By John Walton is die departement beveel om onmiddellik in te gryp en opknappingswerk uit te voer. “Die skool is in 1971 gebou en moet dringend opgeknap word om te verhoed dat die geboue inmekaartuimel,” het Fundile Gade, ANC-LPW, gesê. “Sou dit ge-beur, sal dit jare neem om die skool te herbou omdat die departement oor ‘n baie lang prioriteitslys beskik.”

Gebrekkige toiletgeriewe, leerders wat dwelms op die skoolgronde verkoop en onderwysers wat gereeld op Maandae en Vrydae afwesig is, tel ook onder dié skool se probleme. “Die distrikskantoor moet in noue verband met die skool saamwerk. Daar moet streng opgetree word teen onderwysers wat afwesig is sonder goedkeuring,” het Gade gesê.

Hoë afwesigheidsgetalle en dwelm- misbruik is ook aangemeld by Despatch Primêr, wat boonop oorkant ‘n kroeg geleë is. “Die departement moet met die drankraad skakel, met die oog daarop om bystand aan die skool te verleen dat die kroeg so spoedig moontlik verwyder word.”

Dié skool moet ook dringend omhein word, het Gade gesê – veral nadat Siviwe Dingani, ‘n gr. 1-leerder, in Julie vanjaar voor dié skool doodgery is. “Die omheining sal ook help om vandalisme en inbrake te bekamp.”

Vandalisme en inbraaksyfers is ook vanjaar hoog by RH Godlo in Kwanobuhle, terwyl die skool se infrastruktuur “grootskaalse opknapping” benodig. “Boonop het die skool sedert Januarie nog geen handboeke ontvang nie,” het Gade gesê. “Onderwysers moet weekliks na naburige skole gaan om afskrifte te maak.”

Gade het die departement beveel om ‘n verslag aan die komitee voor te lê om dié handboek-sloer te verklaar. “Die departement moet ook sy werwingsbeleid verander en verseker dat alle poste geadverteer word, aangesien 141 posvlak 1-onderwysposte steeds in die distrik vakant is. ‘n Verslag hieroor moet binne 30 dae na die aanneming van hierdie verslag aan die komitee voorgelê word.”

Oorvol klaskamers – ‘n probleem wat by al drie skole voorkom – was ook op die komitee se lysie. “Die meeste van die skole in die distrik is oorvol, en die distrik benodig mobiele klaskamers ten einde hierdie uitdaging die hoof te bied. Die departement moet verseker dat die distrik van mobiele klaskamers voorsien word om dié tekort op te los.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.