‘Ek sal aanhou stap om ander te help’

2015-10-08 06:00
As 13-jarige is sy regterbeen geamputeer, maar sedertdien sit Paul Steyn (links) nie stil nie. Steyn en sy Francois en fotograaf Janus Gunter (regs) het verlede Donderdag in Uitenhage aangekom. 
Foto: heilie combrinck

As 13-jarige is sy regterbeen geamputeer, maar sedertdien sit Paul Steyn (links) nie stil nie. Steyn en sy Francois en fotograaf Janus Gunter (regs) het verlede Donderdag in Uitenhage aangekom. Foto: heilie combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit het hom byna twee maande geneem om van Kaapstad na Port Elizabeth te stap en dié staptog sal nog ’n jaar duur – maar as hy ander geamputeerdes hierdeur kan help, is dit die moeite werd.

Só het Paul Steyn (28), wat reeds nagenoeg 1 000 km te voet – sy een been is ’n kunsbeen – afgelê het vertel. Hy het op 3 Augustus met ’n waentjie, sy broer Francois (16) en die fotograaf Janus Gunter op ’n 7 000 km-staptog deur die land se nege provinsies vertrek.

“Ek het voorheen al van die Baai na die Kaap ge­stap, maar dié is my verste staptog tot dusver – en ek wil aanhoudend meer doen om mense wat ledemate verloor het te help.”

Hy het as tiener sy voet verloor in ’n fratsongeluk met ’n trekker en grassnyer, waarna sy regterbeen onder die knie geamputeer is. Dít het hom egter nie teruggehou in sy kruistog vir bewusmaking nie, en hy het die Paul Steyn-stigting in 2012 begin.

“Ek sal aanhou stap met die oog daarop om geld in te samel vir mense wat nie self kunsledemate kan bekostig nie,” het hy vertel.

“Dié ledemate kan tussen R50 000 en R100 000 kos, maar gelukkig kon ek al 10 mense deur my fondsinsameling help. Met my huidige staptog wil ek probeer om tot R20 miljoen in te samel.”

Om dié teiken te bereik gebruik Steyn sy rustyd in groter dorpe om as spreker by skole en kerke op te tree. “Daar is baie mense wat hulp nodig het, en ek druk myself om alles in my vermoë vir hulle te doen, eerder as om te rus.”

Die staptog sal op 27 September 2016 eindig by die Vandamp;A Waterfront in Kaapstad

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.