Feesmaal om gestremdes se werkplek oop te hou

2015-08-27 06:00

“Hier bid jy. Hier huil jy. As jy nie glo nie is dit verby.”

Yvonne Barkhuizen, bestuurder van Drostdy Beskermde Werkplek op Uitenhage, moet allerlei kreatiewe planne beraam om fondse in te samel om die deure oop te hou van dié werkplek vir verstandelik gestremdes.

“Die staat het wéér nie ons subsidie betaal nie. Hulle het April, Mei en Junie se subsidie van R10 600 per maand eers in Julie betaal. Dit beteken dat ons moes self-sien-en-kom-klaar vir drie maande,” het Barkhuizen in haar kantoor by die werkplek in Kerkstraat verduidelik.

“Nou wag ons vir Julie en Augustus se subsidie. Boonop is die begrote bedrag bereken vir 53 mense, maar Drostdy sien tans om na 83 mense.”

Volgens Barkhuizen moet die subsidie van R10 600 gebruik word om lopende kostes soos elektrisiteit, sekuriteit en huur te betaal en om na die 83 mense om te sien.

In die maande wat hulle nie betaal word nie, woeker hulle met tuisgebakte koekies en brode. Houtwerk word ook by die Drostdy werkplek gedoen as ’n manier om fondse in te kry.

Maar sy sê die “Here verras ons keer op keer” nadat sy “opgesukkel en moedeloos die idee gekry het om ’n eenvoudige feesmaal soos in die Bybel se tyd, aan ’n langtafel, voor te sit.”

Die werkplek se komitee ondersteun Barkhuizen en haar span en gaan self sorg vir potte vol heilsame sop. Daarmee saam sal die Drostdy se kombuis sorg vir heerlike varsgebakte brode.

Die spreker tydens die feesmaal is pastoor Loutjie Kilian. Hy is bekend vir sy kennis en reisstories oor Israel.

Die publiek word uitgenooi om by die langtafel aan te sit wat by VEK Despatch, op die hoek van Sarel Cilliers- en Kerkstraat op Despatch aangebied word.

Kaartjies is R30 per persoon en die feesmaal begin om 09:30 vir 10:00.

)Vir meer inligting op kaartjie- besprekings bel Yvonne of Liz by 041 992 4195

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.