Gamtoos-ekspo ’n landbou kuierplek

2015-11-06 13:45
Die Gamtoos-ekspo is dié bymekaarkomplek vir diegene wat in landbou-implemente, landbouprodukte, tegnologie en nuwe landbounavorsing belangstel.                Foto: VERSKAF

Die Gamtoos-ekspo is dié bymekaarkomplek vir diegene wat in landbou-implemente, landbouprodukte, tegnologie en nuwe landbounavorsing belangstel. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Gamtoos-ekspo is dié naweek die by- mekaarkomplek vir almal wat in landbou-implemente, landbouprodukte, tegnologie en landbounavorsing belangstel.

Uitstallings fokus hoofsaaklik op die hoekstene van kommersiële boerdery in die Oos-Kaap. Daar sal ook uitstallings en demonstrasies wees van buitelug en 4x4 aktiwiteite.

Bekende trekker- en motorhandelaars sowel as verskaffers van die nuutste landboutegnologie, agente van werktuie vir sitrus, groente en ander verwante landbou- bedrywighede sal by die ekspo uitstal en demonstrasies lewer.

Besoekers kan hulle verlustig in die ge- wilde veteraan-trekkers wat ’n draai by die ekspo gaan maak. Nóg ’n gewildheid is die plaasmark waar vars groente en vrugte sowel as lekkernye vanaf plase geproe en gekoop kan word.

Leerders van vier laerskole gaan Saterdag aan mini-krieketwedstryde by die ekspo deelneem.

Môre word ’n ontbyt met FNB en bekende ekonoom en rubriekskrywer, prof. Johan Willemse aangebied. Die fokus is op: Hoe beplan jy jou boerdery besigheid en betrek die familie - hoe lyk die ekonomie en landboumarkte?

Die koste is R1 000 per tafel vir agt persone. Om 19:30 tree sanger Nic Stevens op. Kaar- tjies is R120 per persoon en sluit ’n braai en dans in. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.

Saterdag staan ekspo-gangers ’n kans om R5 000 te wen tydens die rugbybal-val aktiwiteit. ’n Helikopter sal om 10:00 ’n totaal van 7 rugbyballe, die een na die ander, op die rugbyveld laat val. Die veld is in blokke uitgemerk en kaartjies per blok is R50. Die blokke waarop die 7 balle val se kaartjiehouers sal die volgende pryse wen:

. Eerste bal: R5 000

. Tweede bal: R2 500

. Derde bal: R1 000

. Vierde tot sewende bal: R500 elk

Kaartjies is by die skool of leerders van die Laerskool Gamtoosvalei beskikbaar.

Om 11:00 sal die skreeusnaakse Lizz Meiring met haar produksie Langpad en Lipstiek te sien wees. In die vertoning vertel sy van haar ervaringe op die pad en hoe items uit haar handsak haar lewe gered het. Kaartjies is R120 per persoon en sluit verversings in.

Die ekspo, aangebied deur die gemeenskap van die Gamtoosvallei, is ten bate van Laerskool Gamtoosvallei. Al die aktiwiteite word by die Patensie Sitrus se hoofpakhuis aangebied en bedrywighede begin beide dae om 08:30.

Die toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir skoolgaande kinders. Veilige parkering is beskikbaar.

)Vir navrae bel Jeanita Bezuidenhout by 082 478 0193 of epos na info@gamtoos.co.za. Loer ook by www.gamtoos.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Land reform model fizzles

59 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.