HTS Daniel Pienaar vier 120ste jaar

2015-04-30 15:17
HTS Daniel Pienaar
Photo:

HTS Daniel Pienaar Photo:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Mens wonder of ds. Daniel Pienaar, die stigter van HTS Daniel Pienaar, gedink het dat die “ekperiment-skool” van 1895 sou ont-wikkel tot die oudste bestaande tegniese skool in Suid-Afrika.

Ook wat hy sou sê oor die duisende DP-skoolverlaters wat belangrike en prominente bydraes sou maak tot die akademie aan verskeie universiteite, industriële en tegnologiese ontwikkeling van Suid-Afrika sowel as ander lande in die wêreld.

Beginjare

Die ontstaan van die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar is te danke aan die opening van die destydse Uitenhage Ambagskool op 2 April 1895.

Die armoede en min toekomsgeleenthede van Afrikanerseuns teen die einde van die 19de eeu was vir ds. Danie Pienaar ‘n groot bekommernis. Daarom het hy die ambagskool geopen om ‘n heenkome daar te stel waar Afrikanerseuns ‘n vaardigheid kon aanleer om selfonderhoudend te word.

Die Uitenhage Ambagskool was die tweede skool van hierdie aard wat in die destydse Kaapkolonie geopen is. Die eerste een is in 1894 in Kaapstad geopen, maar kon nie die toets van tyd deurstaan nie en is in 1906 gesluit. Derhalwe is die HTS Daniel Pienaar, alhoewel nie die eerste een wat geopen is nie, die oudste bestaande tegniese skool in Suid-Afrika.

Die naam van die skool het oor die jare drie keer verander. Vir die eerste 50 jaar was dit die Ambagskool Uitenhage. In 1944 is die naam verander na die Hoër Tegniese Skool Uitenhage en in 1956 het die skool die huidige naam, Hoër Tegniese skool Daniel Pienaar gekry. Die skool is vernoem na ds. Daniel Josua Pienaar.

Die huidige skoolkampus is in 1975 betrek. Dus in 2015 word nie net die stigting van die skool 120 jaar gelede gehuldig en gevier nie - dit is ook die 40ste verjaarsdag van die huidige skoolkampus in Fairbridge Heights.

Netelige begin

Die eerste skoolgebou is in 1895 in Cuylerstraat langs die Swartkopsrivier geopen met ’n leerdertal van 30 seuns. Die getalle het vinnig gegroei en die twee slaapsale vir 45 seuns was vol. ‘n Deel van die wamakerswinkel is bedags as eetsaal en drie aande per week as klaskamer gebruik.

Die eerste skoolhoof (toe superintendent genoem) was was mnr. F. Döege en sy salaris was ongeveer R20 per maand.

Huidige skoolkampus

Die skoolgeboue in Laer Cuylerstraat was nie funksioneel nie en spasie het ‘n probleem geword nadat die leerdertal sterk gegroei het.

Kort voor die betrekking van die huidige kampus in 1975, is gr. 8-leerders vanaf die begin van 1973 vir klasdoeleindes in ‘n gedeelte van die ou Queen Mary Hospitaalgeboue in Kanonheuwel. Op 1 Oktober 1975 het die amptelike opening van die nuwe skoolkampus in Fairbridge Heights plaasgevind.

Oudskoliere

Daniel Pienaar spog met verskeie oudskoliere wat top poste beklee in die sakewêreld, nywerheid- en konstruksiebedrywe en in die akademie.

Oudskolier van 2001, dr. Christie Dorfling, tans verbonde aan die Chemiesie Ingenieurwese Departement van die Universiteit van Stellenbosch, hou steeds die rekord vir die hoogste punte in die RSA tydens sy studie vir die B.Ing Chemiese Ingenieurswese graad.

Dewald Oosthuizen, adjunkhoofleier van 2012 en tans besig met die B.Ing Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch, het die afgelope twee jaar die tekenning gekry as die beste ingenieursstudent aan die US.

120 Bestaansjaar vieringe

Daar vind verskeie vieringsgeleenthede in 2015 plaas. Dans en kaas- en wyngeselligheid op Vrydag, 17 April in die skoolsaal. Kranslegging by ds. Daniel Pienaar se graf. Straatoptog vanaf die ou skool in Cuylerstraat tot by die huidige kampus en stigtinghuldigingsbyeenkoms op Vrydag, 24 April om 10:00 in die Binnehuise Sportsentrum, word beplan.

Die vierings bereik ‘n hoogtepunt met ‘n reünienaweek tydens 24 – 26 April 2015 met ‘n oudskolierekuieraand op Vrydagaand, 24 April.

Op Saterdag, 26 April is daar ‘n kermis rondom die A-rugbyveld terwyl rugbywedstryde teen H/S Framesby plaasvind.

Die reünie-naweek word afgesluit met ‘n kerkdiens in Uitenhage Moedergemeente op Sondag, 26 April om 09:00.

Op 1 Mei 2015 vind die DP 120 Gholfdag by die Uitenhage Gholfklub plaas

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.