Kransaasvoëls kry stalletjie op Kirkwood wildsfees

2015-06-11 06:01
Kate Webster, Oos-Kaapse aasvoël-rehabiliteerder, wat baie nou saam met verskeie aasvoël-rehabilitasiesentrums werk, sal vanjaar op die Absa Kirkwood-wildsfees ’n stalletjie beman vir Vulpro, ’n organisasie wat hulle vir die beskerming van aasvoëls b

Kate Webster, Oos-Kaapse aasvoël-rehabiliteerder, wat baie nou saam met verskeie aasvoël-rehabilitasiesentrums werk, sal vanjaar op die Absa Kirkwood-wildsfees ’n stalletjie beman vir Vulpro, ’n organisasie wat hulle vir die beskerming van aasvoëls b

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Oos-Kaapse kransaasvoël, een van die belangrikste skakels in gesonde veld-ekostelsels, se bestaan word só bedreig dat selfs die Absa Kirkwood-wildsfees groter bewusmaking om dié voël gaan skep.

“Een van die fees se beginsels is om die publiek op die hoogte te hou met omgewingsake van belang,” het Jennifer Honsbein, feesdirekteur, gesê. “Gevolglik het ons ’n gratis stalletjie aan Kate Webster, Oos-Kaapse aasvoël-rehabiliteerder, gebied.”

Die gevoel is dat die beskerming en bewaring van aasvoëls ’n ewe hoë prioriteit is en die fees bied die perfekte platform hiervoor,” het Honsbein verduidelik.

Webster sal die stalletjie beman namens Vulpro, ’n organisasie wat hom vir die rehabilitering en bewaring van aasvoëls deur middel van deurlopende teelprogramme beywer.

Moet egter nie ’n aasvoël in rehabilitasie of selfs ’n opgestopte aasvoël op die fees van 26 tot 28 Junie verwag nie. Webster, wat juis die afgelope Vrydag wéér ’n beseerde kransaasvoël in Lady Grey gaan haal het, het verduidelik dié voël sal net te veel stres met al die mense om hom ervaar.

Uitgebreide inligting, toegelig met videos en foto’s, sal wel die volle verhaal vertel, het sy gou getroos.

“Hoewel aasvoëls baie laag op die voedselketting lê, is hul aandeel in die handhawing van gesonde veld-ekostelsels van “onskatbare” waarde.

“Die kransaasvoëls se getalle is tans minder as dié van renosters, en elke stap moontlik moet gedoen word om die voël van uitwissing te red.”

“Aasvoëls is veral belangrik in verarmde en landelike gemeenskappe, om die veld van diere se karkasse skoon te maak en dus op natuurlike wyse te help om die verspreiding van die siektes wat verlies van vee én menselewens kan veroorsaak, te voorkom,” het Webster gesê.

Tydens dié fees hoop Webster om “buitestanders” en veral wildboere se fokus op die behoud van aasvoëls te verskerp.

“As boere besef hoe bedreig en belangrik aasvoëls is, sal hulle verstaan hoekom hulp met die bestuur van aasvoëlrestaurante nodig is, én hoekom die gebruik van gif tot die absoluut minimum beperk moet word.”

Die maagsap van aasvoëls is volgens Webster só sterk dat enige siektes wat deur ’n karkas ingeneem word, maklik verteer en hanteer word. “Maar nie eens die sterk maagsap kan vergiftiging uitskakel nie.”

Nóg ’n probleem waarop Webster die boere se aandag wil vestig, is kragdrade sonder beskermende skedes waar die voëls hulself doodskok.

Webster het die afgelope Vrydag juis ’n beseerde kransaasvoël wat in die Lady Grey-omgewing onder ’n onbeskermde kragdraad aangetref is, gaan haal.

Sy het ook ’n vermoede dat dié aasvoël vroeër in ’n slagyster getrap het, maar op een of ander wyse losgekom en leer oorleef het met ’n besering aan sy poot

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.