Legendariese onnie se stories en klasgee bly kinders by

2015-09-10 06:00
=Anton Van Rensburg, geliefde onderwyser van Laerskool Albertyn op Uitenhage het einde Junie 2015 afgetree.
                     Foto:
HEILIE COMBRINCK

=Anton Van Rensburg, geliefde onderwyser van Laerskool Albertyn op Uitenhage het einde Junie 2015 afgetree. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hy is die “Meneer” wat ’n gebore onderwyser is, want hy het ’n hart vir ’n kind. Die vertraptes kon by hom skuiling vind en die boelies hul moses. Hy was altyd aan die kant van ’n kind wat wil leer.

“Meneer” Anton van Rensburg (60) is een van die geliefde onderwysers wie se stories, eiesoortige manier van klasgee en kant-kies van dié wat aan die kortste end trek, ’n verskil gemaak het aan menige kind se selfbeeld en prestasievermoë.

“Ek mis nie die onderwys nie, ook nie die stelsel nie, want dit het my weggejaag. Ek mis die kinders, ek is erg oor kinders. Soms verlang ek só dat die trane sommer begin loop,” het Van Rensburg gesê.

Hy het in 1977 by Laerskool Albertyn begin skoolhou as standerd 3 (graad 5) onderwyser.

“Sewentien jaar later het ek standerd 3 geslaag en al die kinders gedop. Want toe raak ek ’n standerd 4 onderwyser en die standerd 3 kinders is wéér by my,” merk Van Rensburg skertsend op.

Hy het einde Junie, na 38 en ’n halwe jaar, uit die onderwys getree as departementshoof.

“Ek is ’n bietjie anders as die ander mense. Ek het altyd gesê ek is die oudste kind in die skool. Eenkeer ’n week het ek selfs skoolklere aangetrek.”

Van Rensburg weet hoe om met kinders te kommunikeer sonder dat wedersydse respek skade ly. Hy glo kinders moet die geleentheid gebied word om hulle mening te lug, want oop kommunikasie is ’n teenvoeter vir misverstande.

Hy sê ’n mens moet verstaan hoe die moderne kind dink om werklik ’n impak op hulle lewens te maak. Daarom luister hy selfs na die musiek en kuier op sosiale netwerke, sodat hy kan weet wat in hul leefwêreld aangaan en wat hulle interesseer.

“’n Onderwyser is nie altyd reg nie, so, jy moet ook jou trots in jou sak kan steek en kan sê jy is jammer indien jy onregverdig opgetree het.

“Die moderne kind praat terug, hy moet opstaan vir hom- of haarself. Dit het te doen met die feit dat meeste ouers werk en soms kry hulle kinders te min aandag en soek dit by die skool; in ander gevalle kry hulle te veel en dan soek hulle dieselfde aandag by die skool. Dit is moeilik om die balans te hou.”

Een van Van Rensburg se unieke eienskappe, wat oud-leerders bybly, is sy gawe om stories te vertel en sodoende vakkennis interessant oor te dra.

“’n Kind kan nie lank konsentreer nie. Ek het agtergekom dat so na 15 minute begin hulle aandag afdwaal. Dan vertel ek ’n storie, wat indirek gebaseer is op die werk wat ek behandel. Oombliklik het ek weer hulle aandag vir die volgende 15 minute.”

’n Ander eiesoortige gewoonte van hom wat ’n blywende effek op kinders het, is sy korrekte taalgebruik en uitwys van spelfoute, wat hy “Van Rensburg-siekte” noem. ’n Kollega, Rika Venter, vertel dat kinders in haar klas selfs sê: “Juffrou, juffrou ek het Van Rensburg-siekte, kyk hier is ’n spelfout!”

“Dit is vir my awesome. Daardie kind gaan die lewe in, en as hy of sy ’n spelfout sien, gaan hy dink aan Van Rensburg-siekte.

“Want wie het vir hom of haar geleer van korrekte taal op ’n baie mooi manier? Meneer Van Rensburg. Hy het dit nie in hom ingedril nie, maar hom geleer om bedag te wees op sulke foute. Want hulle trek al wie weet waar in die lewe, dan het hulle nog steeds die Van Rensburg- siekte. Dit is dít van ’n onderwyser ’n legende maak!” het Venter gesê.

Van Rensburg se ouers was beide onderwysers en sy ma het in 1959 by Laerskool Albertyn begin skoolhou. Sy broer, Christo van Rensburg, die bekende Suid-Afrikaanse tennisspeler, het in 1976 sy laerskoolloopbaan by dié skool voltooi en ’n jaar later het Van Rensburg hier begin skoolhou. Beide sy kinders was ook hier op skool.

In totaal was die Van Rensburgs vir 57 en ’n halwe jaar ononderbroke verbonde aan Laerskool Albertyn.

Van Rensburg is tans besig met navorsing om ’n boek te skryf oor interessante stories wat hulself by Albertyn afgespeel het

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.