Move Up! vat die pad Baviaanskloof toe

2015-05-28 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“En hoe gedra hierdie outjie hom op die grondpad?”

Só vra ’n Baviaanskloof-boer terwyl hy hande-in-die-sakke om die stofbedekte astrante VW Up! loop. Dan stop hy en skop-skop-groet een van die wiele.

Verbasend goed, is die antwoord op sy vraag. Ja, hierdie klein motor uit Volkswagen se stal klou op die sinkplaat-grondpad soos ’n blou-aap wat op ’n draadheining hol.

Die VW Up! se wiele is aan die rol gesit om Volkswagen as handelsmerk te vestig in die hoogs kompeterende kleinmotormark in Suid-Afrika. Ontwerpers vir hierdie mark dink slim en prakties. Die vereistes is kompak tog gerieflik. Klein tog ruim. Koste-effektief met unieke bakwerk-dinamika, gepaste interieur en ’n enjin-kapasiteit wat verras.

Klein tog ruim

Volkswagen van Suid-Afrika het vanjaar oor die Valentynstyd hulle geliefde driedeur-kleinmotor bekendgestel met die Take Up! as die intreemodel en die astrante Move Up! wat oor meer geriefsgoed beskik. Die motor se voorkoms is misleidend. Dit vertoon klein, maar maak die deur oop en klim in. Sitruimte is verbasend gerieflik met ’n skoon oopheid op die paneelbord wat gestroop is van onnodige beheerknoppies.

Met die Move Up! se toetsrit na die Baviaanskloof is die 1000cc drie-silinder enjin aan uiteenlopende padtoestande blootgestel. Al kronkelend op die R75-pad neffens die Zuurberg-reeks klou die Move Up! met sy vyfspoed-ratkas goed in die draaie. Dié 55kW enjin met sy topspoed van 171km/h laat die motor gerieflik by stadiger verkeer verbyglip op die oop pad.

Verby Wolwefontein op die R329-pad sak die herfsson appelkoosoranje al nader aan die horison. Dan is dit tyd om die Move Up! se sondak oop te skuif sodat die vars laatmiddagreuk van die Karoovlak se plante kan saamryplek kry. Brandi Carlile se liedjie “Have You Ever” speel kristalhelder op die info-vermaakstelsel en met liriek-grepe soos “Have you ever stared into a starry sky? Lyin on your back you’re askin’ why?” kan ’n mens nie anders om net daar, tussen die Groot Winterhoek- en Grootrivier Hoogtes bergreekse te stop, die Move Up! se deure wyd oop te swaai en die oomblik in die buitelug te geniet nie.

Die sementpad tussen Steytlerville en Willowmore is enig van in sy soort in die land. Selfs geharde viertrekvoertuie se dik breëbekbande kan gesny raak wanneer ‘n motor van voor kom en elke motor een stel wiele op die grondsoom en een stel wiele op die sementpad moet ry om verby mekaar te kan kom. Die Move up! is dit nie gespaar nie! Gelukkig is die noodwiel standaardgrootte en was die omruilproses sonder enige dramas. As vrou langs die pad, met ‘n pap wiel, het dit wel gehelp om die handleiding uit te haal. Binne enkele minute het ’n behulpsame man en sy gesin gestop en kort op sy hakke het ’n boer van ‘n nabygeleë plaas met sy plaasbakkie gestop om hulp aan te bied.

Vroegaand draai die Move Up! se neus in na die R332 grondpad na die Baviaanskloof-Mega-natuurreservaat. Sy halogeenligte val wyd en wil-wil-spring koedoes langs die pad word gou raakgesien. Die pad is sleg, dele is weggespoel na Maart se groot reëns. Die sinkplaatgeskud is ongemaklik, maar die Move Up! se 144mm grondvryhoogte traksievermoë hou die motor gemaklik op die pad.

Hoewel die VW Up! bemark word as die ideale stads- of inkopiemotor, het hy homself op hierdie toetsrit bewys as ’n veelsydige kleinmotor wat ewe goed hanteer op die langpad, sementpad sowel as grondpad.

Die VW Up! val in die hoër prysklas van die kleinmotormark met waarskynlik sy grootste mededinger Opel se Adam en dan is daar ook die Chevrolet Spark 1.2 LS en Kia Picanto 1.2 EX. Sou die Europese vierdeur VW Up! sy wiele op die Suid-Afrikaanse bodem laat rol, mag dit ’n duik in die VW Vivo se mark maak.

Brandstofverbruik is goed met ‘n gemiddeld van 5.64 liter per 100km uit die 35 liter brandstoftenk.

In die Baviaanskloof het die boer wat die wiele so skop-skop gegroet het nog ’n draai om die Move up! geloop en met sy hande steeds in die sakke vir sy vrou gesê: “Liefie, dis mos nou ’n ougat karretjie hierdie.”

Pryse:

VW Take Up! R133 500

VW Move Up! R140 500

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.