Nuwe skool wil ‘speel-leemtes’ vul

2015-06-11 06:01
Dominic Swartz sentrumbestuurder van Ikhwezi Lomso Early Childhood Centre op Uitenhage by die skool se klimmuur.  
                                                                       Foto:
HEILIE COMBRINCK

Dominic Swartz sentrumbestuurder van Ikhwezi Lomso Early Childhood Centre op Uitenhage by die skool se klimmuur. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kaalvoetloop, boomklim en om in sand te skryf, mag maar soos basiese “kinderspelery” klink, maar laat ‘n kind dit nou net nie doen nie, dan sal dit sy latere leerprosesse vertraag. Met ander woorde, speel jou kind nie reg nie, kan hy later sukkel om te leer.

“Dié soort spelery,” beklemtoon Dominic Swartz, sentrumbestuurder van Ikhwezi Lomso Early Childhood Centre op Uitenhage, “ is alles noodsaaklike oefening vir die kind se spierontwikkeling wat weer kan meebring dat gewone leerprosesse in die wiele gery word. As ’n kind se kernspiere nie sterk word deur kruip, klim en klouter nie, sukkel ’n kind om regop te sit en om te konsentreer.”

’n Herhalende patroon in die agterstand van 5-jarige kinders – die graad R’s- se ontwikkeling, het Swartz laat besef dat kinder-ontwikkeling vroeër moet geskied. “Kinders kom uit dieselfde areas. So, die probleme bly dieselfde en gaan vir die volgende 10 tot 20 jaar nie verdwyn nie. Basies is dit vir ’n kind met so ’n agterstand te laat om hier te land.”

Danksy die Volkswagen Gemeenskapstrust, wat die Ikhwezi Lomso Early Childhood Centre op aanbeveling van Dominic opgerig het, sal hy en sy span nou harde werk daarvan maak om dié “speel-leemtes” by graad R’s te vul. Sy navorsing het getoon dat die Montesorri leerplan die geskikste is. Die plan is goedgekeur en met ingang 2016 sal die Ikhwezi Lomso leersentrum as ’n Montesorri skool funksioneer. Kinders van 3 tot 5-jarige ouderdom sal ingeneem word. Vier onderwysers is aangestel vir 2016 se Montesorri leerplan en begin binnekort met opleiding waarna hulle vlak 5 akkreditasie sal ontvang.

“Dié leerplan verskil van die formele onderrigmetode en gee kinders die geleentheid om selfgedrewe meer te leer oor dit wat hulle van nature interesseer. Baie aandag word ook gegee aan kinders se spier- en motoriese-ontwikkeling,” verduidelik Swartz.

Hy sê die waardevolste ding van Montesorri is die apparate wat in die leerprosesse gebruik word. Kinders voel gewig en vorms, en moet driedimensionele strukture bou om sodoende al spelende van konsepte te leer.

“Boomklim is goed vir vingers en fyn motoriese ontwikkeling wat help met skryfwerk sowel as grootspierontwikkeling. Hier is nou nie bome nie, maar ’n klimmuur is ingerig om hiermee te help.”

Daar sal vier klasse wees met ’n gemiddeld van 24 kinders per klas tussen die ouderdomme 3-5 jaar.

“As ’n 3-jarige kind belangstel om te doen wat 5-jariges binne die curriculum doen, word die kind gehelp om die spesifieke uitkoms te bereik.

“Ouers vra oor dissipline met 3-5-jariges in een klas? Ek het nog nie soveel dissipline gesien as juis in hierdie tipe leersisteem nie. Kinders is besig en selfgedrewe met die belangstellings van hul keuse terwyl die onderwyser riglyne bied.”

Swartz benadruk dat ’n kind wat uit ’n Montesorri skool kom, op die ouderdom van 6-jaar ’n duidelike begrip het van die desimale-sisteem tot op ’n duisend.

Die Montesorri skool op Uitenhage open met ingang van die 2016 skooltermyn. Inskrywings is reeds oop vir 3-5 jarige kinders en vorms is beskikbaar by die skool. Vir meer inligting bel Dominic Swartz by 041 922 4419 of 082 889 4233

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.