‘Ons besef nou éérs die vloedskade’

2015-04-30 15:14
=Een van die gedeeltelik verstopte stormwaterpype onderdeur die treinspoor langs Hollandstraat op Despatch.
         Foto: 
heilie combrinck

=Een van die gedeeltelik verstopte stormwaterpype onderdeur die treinspoor langs Hollandstraat op Despatch. Foto: heilie combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die stormreën wat Despatch twee weke gelede getref het, het veral huiseienaars in Hollandstraat erg laat deurloop onder waterskade.

Maar, dan is daar ook die verhale van diere wat hul mense-ouers vroegtydig teen die “groot water” gewaarsku het.

In een geval is die eienaar deur haar hond wat aanhoudend begin blaf het, gewek, en in ’n ander geval is ’n vrou weer deur haar kat wakker gemaak.

Hoewel niemand nog kan verstaan hoe die stormwater só vinnig en só hoog kon opstoot nie, het talle die vermoede uitgespreek dat die stormwaterdreine verstop kon wees. Die storie doen die ronde dat munisipale werkers dié dreine vinnig kom skoonmaak het ná die reën.

Cathy Potgieter het vertel hoe sy en haar twee seuns, Marcél en Curwin, hul buurvrou Magda Bosman, angstig uit haar huis hoor roep het sy kan nie haar huis se deure oopmaak nie.

“Hulle het dadelik oor die sesvoet grensmuur gespring en die voordeur oopgeskop toe hulle dit nie kon oopkry nie.

“Sy was so geskok dat sy skaars op haar bene kon staan en moes ondersteun word om tot by ons te kom. Woorde kan nie beskryf wat ons deurgemaak het nie. Dit was angswekkend.

“Jy kan maar net ’n slag diep asemhaal en dan begin jy maar net weer droog- en skoonmaak. Die skoonmaak sluit in vloere en matte was,” het Potgieter gesê, en bygevoeg sy het haar kat op die toonbank van die kombuis in haar woonstel gekry met die water wat toe reeds sterk deur die woonstel gevloei het.

Sue Landman van Ritas Versorgingsoord het gister gesê die erf was gou-gou tot heuphoogte onder water. Voertuie binne die erf wat tot by die stuurwiel in die water was, moes uitgesleep word aangesien die alarms afgegaan het.

Skootrekenaars, selfone en baie artikels van sentimentele waarde, soos boeke, fotoalbums, klere en baie meubelstukke het in die slag gebly.

Een inwoner het selfs buitebande van sy viertrekvoertuig in die erf van die inwoner wat aan die agterkant van sy huis grens, gekry

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.