‘Ons weet wat is fout, maar het nie geld nie’

2015-04-30 15:19
=Frans Swanepoel, oudstadsraadslid van Despatch, by ’n stukkende, geblokkeerde drein in Versoeningsweg tussen Daleview en Reservoir Hills, Despatch
.                                               Foto: 
Theo jeptHa

=Frans Swanepoel, oudstadsraadslid van Despatch, by ’n stukkende, geblokkeerde drein in Versoeningsweg tussen Daleview en Reservoir Hills, Despatch . Foto: Theo jeptHa

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die vloedskade wat op Despatch aangerig is, was die gevolg van dreins wat verstop het omdat dit nie behoorlik onderhou was nie, het Frans Swanepoel, ’n voormalige stadsraadslid van die dorp, gesê.

Dit veroorsaak dat nie slegs die inwoners se lewens deur die vloedwater bedreig word nie, maar baie van hulle se gesondheid ook weens rou riool wat in strate en slote afvloei.

“Rou riool is ’n ontsettende probleem, nie net vir die inwoners van veral Daleview en Reservoir Hills nie, maar ook vir die amptenare wat die stryd met die verstopte riool- en stormwaterstelsels die hoof moet bied, want dit is vir baie jare swak onderhou.

“Die mense van die twee woonbuurte moet gereeld deur die gemors in die rivier loop en dit inasem, terwyl die grond om hul huise muf is wat tot siektes soos tering kan lei. Sondag (gister) is dit twee weke ná die oorstromings, maar die dreins is nog steeds toe.

“Ek kan nie verstaan hoe die stadsraad dit oor hul harte kan kry dat die mense in sulke onhigiëniese toestande moet bly nie. Hoe kan ’n mens gesond bly in sulke omstandighede?” het Swanepoel gevra.

“Hier en daar is daar aan die dreins gevroetel, maar dit gaan miljoene rande kos om die stormwater-afvoerstelsels weer in ’n ordentlik werkende toestand te kry,” het hy gesê.

Volgens hom is die grond en vullis in die pype seker al so hard soos sement.

Hy het gaan wys hoe die stortreën van die hoërliggende woonbuurte Reservoir Hills en Daleview die strate afgestroom het tot waar dit laer in die dorp deur sementheinings gebars en heuphoogte deur baie huise gespoel het. Die vloedpad is nog duidelik sigbaar al langs Voortrekkerstraat af tot onder in Hoofstraat, van waar dit koers gekry het tot dit uiteindelik die Superspar bereik het.

Vloedwater het dié winkel in Rabiestraat kort ná 02:00 daardie oggend oorstroom.

Volgens Paul Barnes, die eienaar, was dit die derde keer in vier jaar dat die winkel oorspoel is en dat sy skade hierdie keer sowat R700 000 beloop het.

“Die amptenare van die munisipaliteit het egter aan my gesê hulle weet wat fout is, maar dat hulle nie die geld het om dit reg te maak nie.”

In Langstraat in Reservoir Hills het van die inwoners sinkplate voor hul stoepe opgerig om te keer dat die vuil water nie deur hul huise vloei nie.

Die stank in Kruisstraat is ook byna ondraaglik omdat riool nie kan wegvloei nie.

Die munisipaliteit is besig om ’n nuwe rioolstelsel tussen Daleview en Reservoir Hills aan te lê, maar dit gaan nog etlike maande neem om te voltooi

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.