Rosedale se waterkwessies kwel

2015-07-23 06:00
Councillor Van der Linde

Councillor Van der Linde (HEILIE COMBRINCK)

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Waterskaarste dreig, maar die kwessie van lekkende waterpype rol soos water van die munisipaliteit se rug.

Raadslid Franay van der Linde van Wyk 49 sit met ’n dik lêer vol waterkwessies voor haar. Almal in die Rosedale-area. Van dié klagtes is al verlede jaar gerapporteer, maar herstelwerk gebeur nie.

“By die Rosedale water-opgaartenk is die pyp weg wat oorvloeiwater na die stormwaterpyp moet lei. Nou loop die water in Kingfisherstraat af, deur erwe en tot in Dalrose Primêr se skoolgronde,” het Van der Linde gesê.

Dit is ’n moeras op die skoolgrond. Inwoners van dié area vertel hoe hulle huise se fondasies nat word en mure kraak.

By Essenhoutstraat 66 het ’n munisipale waterklep onklaar geraak op die erf van Jacobus Plaatjies.

“Ons bly nou al 48 jaar hier. Dit is die eerste keer dat ons met so ’n waterprobleem sit. Die klep het in April begin lek en lek nou nog,” het Plaatjies gesê.

Munisipale amptenare het die waterlek besoek, maar die lek is nie gestop nie. Die water loop vir maande nou deur erwe, oor ’n oop stuk grond en in Kameshweg af.

In Makoustraat is daar ’n ondergrondse waterlek. Kontrakteurs het die lekkasie probeer herstel en moes in die proses die pad opkap.

“Water borrel steeds uit. Die pad is soms so modderig dat ’n broodtrok sowel as ’n munisipale trok daar vasgeval het,” vertel Van der Linde.

In Grasvoëlstraat is daar ’n watermeter wat lek. Die water stroom oor die strate en loop in Warbler en Makoustraat af. Verskeie slaggate is al gevorm weens die water.

“Slaggate is so groot en verspreid dat motors op die sypaadjies ry om dit te vermy. In die vakansietyd het kinders die slaggate met bakstene probeer toepak,” het Van der Linde gesê.

In Wyk 49 is behuising en die instandhouding van infrastruktuur die grootste probleme. Van der Linde sê die laaste behuisings- ontwikkeling in Wyk 49 was voor 1994.

“Ons het dit in ons wyksbegroting aangespreek en ook versoek vir straatligte, ligte vir oop areas en spoedhobbels.

“Wat inwoners van die wyk kwel is dat ander operasionele projekte soos die Groendal-waterwerke ook op ons begroting is. Dit neem baie van ons begroting en is nie iets wat dié spesifieke wyk verbeter nie,” het van der Linde gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.