Saamtrek gehou om Metro ‘heel te maak’

2015-04-30 06:00

Die vryheid om nie in vrees vir misdaad te lewe nie, was een van die hooftemas van Vryheidsdagsaamtrekke wat Maandag in die Metro gehou is.

Die skokmoorde op die Uitenhage onderwyseres Jayde Panayiotou (29) en die Addo-boer Alan Clarke (62) het gelei tot ’n “Heal our Metro”-saamtrek wat Maandag by die Donkin-reserwe plaasgevind het.

Die saamtrek is deur DA wyksraadslid Dean Biddulph en geleentheidsorganiseerder Renaldo Gouws gereël om hulde te bring aan Panayiotou en Clarke, asook talle ander wat geliefdes verloor het weens misdaad en die xenofobiese aanvalle in die land.

“Ons beleef tans so ’n laagtepunt met alles wat aan die gebeur is, nie net in ons metro nie, maar in die land. Op sosiale media kan ’n mens die vyandigheid tussen mense sien. Ek het net gevoel dis tyd dat mense weer met mekaar as mense kontak maak,” het Biddulph gesê.

“Ons moet saamstaan en begin om ons land terug te vat en dit die land te maak wat ons almal wil hê. Ons is groter as die onlangse gebeure. Ons is groter as diegene wat ons menswees van ons wil steel.”

Volgens Biddulph is daar geen politieke of winsoogmerk met die reël van die saamtrek nie, en het hy dit gedoen om ’n geleent-heid te skep vir mense van alle kulture, rasse, politieke en geloofsoortuigings om eenheid, liefde en steun te betoon vir Nelson Mandelabaai en die land.

Diegene wat die saamtrek bygewoon het was versoek om elk ’n appel saam te bring wat aan liefdadigheid geskenk is. Die appel is nie net simbolies as iets wat kinders vir ’n onderwyser gee nie, maar ook van die feit dat Clarke ’n boer was.

Nog ’n teenmisdaadveldtog is verlede Vrydag in Despatch gehou en Maandag is ’n groot menseketting in die noordelike gebiede gehou waar bendegeweld en misdaad hoogty vier

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.