Skool groet 7-jarige na ongeluk

2015-08-06 06:01
=Onderwyseres Shaleen Da Costa troos van Siviwe se bedroefde maatjies tydens ’n roudiens wat Maandag vir hom gehou is.               
Foto: 
riaan labuschagne

=Onderwyseres Shaleen Da Costa troos van Siviwe se bedroefde maatjies tydens ’n roudiens wat Maandag vir hom gehou is. Foto: riaan labuschagne

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Geliefd en voorbeeldig – iemand wat maklik in jou hart kon kruip.

Só is die sewejarige Siviwe Dingani, ’n gr.1-leerder aan Despatch Primêre Skool, gister deur sy klasonderwyseres, Sylvia Maree, onthou.

Siviwe is verlede Donderdag enkele meters vanaf die skool noodlottig deur ’n vragmotor getref.

Die leerders en personeel het gister ’n roudiens gehou waarná hulle ’n kruisie in Ooievaarsingel, waar die ongeluk gebeur het, opgerig het.

Sy ouers, klasmaats en die breë Despatch-gemeenskap kon hier, waar hulle onkeerbaar aan die grusame ongelukstoneel herinner was, nie langer hul trane inhou nie.

Danny Jacobs, skoolhoof, het Siviwe se ma, Andiswa, genooi om ’n blommekrans ter herinnering aan haar seun langs die skool se heining neer te lê. Sy bedroefde klasmaats het ook een vir een húl blomme neergesit.

“Dit is vir ons ’n groot slag – een wat ons nie maklik sal vergeet nie,” het Jacobs gesê. “Mag hierdie kruisie langs die heining ons nie net aan hom herinner nie, maar ’n inspirasie wees om ons kinders se veiligheid beter te prioritiseer.”

Siviwe het Donderdag glo soos elke ander oggend hand-aan-hand saam met ’n 9-jarige meisie skooltoe gestap. Die skoolklok het gelui en die seuntjie het oor die pad gehardloop toe die vragmotor uit Loeriestraat in Ooievaarsingel gedraai het en hom gestamp en meters ver meegesleep het.

Dit is in die stadium nog onbekend of die vragmotor bestuurder wél bo die spoedbe-perking gery het. Volgens sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sal die ondersoek na strafbare manslag eers voortgesit word wanneer die bestuurder sy verklaring aflê.

“Volgens die bestuurder se regsverteenwoordiger is hy erg getraumatiseer. Sodra hy gereed is, sal hy ’n verklaring indien,” het Nkohli verduidelik.

Siviwe se ongeluk kom ’n dag ná die skool en gemeenskap ’n petisie onderteken het om spoedhobbels in Ooievaarsingel aan te bring.

Jacobs sê die skool en gemeenskap sit sedertdien nóg meer druk op die owerhede.

“So iets mag nooit weer gebeur nie. Wie blameer mens vir sy vroeë dood, behalwe die bestuurder?” wou Jacobs weet. “As hy maar net stadiger om die draai gekom het, kon dinge vandag dalk anders gewees het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.