Toyota wen VW-tydren modderbad

2015-07-23 06:01

Die wysheid van die tydren-indoenas om ’n grondpad-ren in die middel van ’n nat winter in die Baai en omgewing te hou, kan weer eens bevraagteken word. Dit nou nadat die naweek se Volkswagen-ren verkort moes word omdat die reën van die roetes te gevaarlik gemaak het.

Toe die stof, of dan eerder die damme water en modder, gewyk het, het Leeroy Poulter sy tweede sege op ’n streep behaal met ’n stewige tydgaping van amper 27 sekondes in sy Yaris.

Op sy hakke was die voorloper in die reeks, Mark Cronjé in ’n Ford Fiesta. Toyota se Giniel de Villiers het die podium se laaste plek ingeneem.

Die roete het in die verlede ’n goeie mengsel van haastige grondpadskofte deur die Longmore-plantasies en ’n straatren in Jeffreysbaai gebied. Vanjaar, in ’n poging om meer toeskouers te lok, is die roetes nader aan Port Elizabeth gebring. Dit het enersyds beteken nuwe skofte moes opgestel word, terwyl van dié skofte ook meer as een keer gebruik is.

Só het die plantasiejaery nou uit minder kilometers bestaan as wat in die verlede die geval was. Maar aan die keersy is kilometers op teerpaaie (op die ovaalbaan) bygevoeg.

En, net om die nagmerrie verder te verdonker, het die winterweer voorspelbaar vir storms en reën gesorg. Die grondpaaie was seepgladde modder. Maar nie eens die teerpaaie het hieraan ontkom nie – die Saterdag se laaste twee skofte moes gekanselleer word weens poele water wat gestaan het.

Vrydag het Cronjé en Poulter albei goed weggespring. Die twee – wat eintlik maar die pas aangee in vanjaar se seisoen – het elk ’n skofsege behaal. In die derde skof kry Cronjé egter ’n pap wiel, wat hom 17 sekondes stadiger as beplan by die eindstreep laat aankom het. Hy het die res van die ren gesukkel om dié tydgaping op te maak.

Toe Vrydag se sesde en finale skof afgehandel is, was Poulter ’n stewige 36 sekondes voor Cronjé.

Vrydagnag het die reënbuie meedoënloos uitgesak. Toe die jaers by die plantasiepaaie aankom, was dit net glibberige modder en poele water. Cronjé het nog gevoel-voel om druk op Poulter te sit, en hier en daar ’n sekonde ingekatrol.

Maar die risiko was te groot om die motor te rol of te beskadig. Dus is daar in die Fiesta se kajuit besluit om eerder seker te maak van ’n tweede plek as om kanse te waag vir ’n eerste plek.

Saterdag is bowenal besluit om die dag se laaste twee skofte, by die Baai se ovaalbaan, te kanselleer. Dit het die kanse om die Yaris in te haal, nog kleiner gemaak.

Die uitslag beteken dat Poulter nou nóg vier punte nader aan die voorloper, Cronjé, gekom het. Met net drie renne nog oor, skei slegs nege punte die twee groot honde van SA tydrenne.

Wie dus die druk die beste gaan verwerk in hierdie reg-of-weg-situasie aan die stertkant van die seisoen, gaan uiteindelik die wenner bepaal.. Volkswagen se nagmerrie-seisoen duur voort. Henk Lategan kon net ’n vyfde plek losjaag, terwyl Gugu Zulu sesde was.. Die volgende ren is die Cullinan-tydren, op 14 Augustus in Gauteng

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.