Uitspandag vol vermaak op Wolwefontein

2015-10-15 06:00
Wolwefontein is langs die R75-pad op die Sybokhaarroete. Hier lê ’n hond die eens bedryfwige stasie-peron. 

Foto: 
H COMBRINCK

Wolwefontein is langs die R75-pad op die Sybokhaarroete. Hier lê ’n hond die eens bedryfwige stasie-peron. Foto: H COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Wolwefontein lê in die middel van die Witteberg-kwartsietkom se voue, daar waar die Klein Winterhoekbergreeks miljoene jare gelede sy skerp rugkant uit die aarde op- gestoot het.

Dit is ook die plek waar menige moeë reisiger, geselshonger boer en dors swerwer mekaar raakgekuier het. Net daar op die stoep van die Wolwefontein Hotel. Die hotel is vol stories en die einde van die maand is daar wéér ’n gesellige “storie” wanneer ’n uitspandag daar gehou word.

Een van die aktiwiteite is ’n potjiekos- kompetisie en die wenner gaan wegstap met ’n 50% afslag-treinkaartjie vir een van Rovos Rail se luukse treinreise.

Wolwefontein Hotel, met sy stoepuitsig oor die Klein Winterhoekbergreeks, het gestalte gekry danksy die Jood Hymie Glazer. Buiten dié hotel, het die Glazers ook ’n algemene handelswinkel, ander eiendomme en ’n paar plase in die omgewing besit.

Wolwefontein was deur al die jare ’n ge- wilde stop vir boere van sover as Murraysburg en Richmond, op pad terug van die Baaise BKB-wolveiling. By dié hotel het hulle gaan inloer vir iets koel-verfrissend in die warm Karoo-hitte. Ook omdat Glazer andamp; Co. boerdery verstaan het. Dié Jode was koöperasies lank vooruit en in Glazer se algemene handelswinkel kon jy enigiets kry vanaf Model T Ford-karre, boerderygoed, pelsjasse tot voorlaaiers.

Wolwefontein was ook die eerste stop vir treindrywers nadat hulle die spoorlyn vanuit die Baai die binneland-in aangepak het. Treine het hier gestop vir water en kole en sommige drywers om hul eie dors te les in die hotel.

In 1917 tydens die bou van Mentz-meer (Darlington-dam) is boumateriaal per trein tot by Wolwefontein vervoer. Vandaar is ’n totaal van 500 donkies en 30 waens periodiek ingespan om die sowat 28 000 ton bouma- teriaal oor ’n afstand van ongeveer 40km na die dam te vervoer.

Uitspandag

Wolwefontein Hotel se gesellige uitspandag op Saterdag, 31 Oktober bied geleentheid vir stalletjies (slegs handwerk, kuns, stok-perdjies en kattebakverkope - geen eet- of drinkgoed) teen R100 per uitstalruimte. Antieke motors, vermaak vir die kleinspan en die ge-leentheid om enkel- of gesinsfotos te neem in klere van laat 1800s en vroeë 1900s is deel van die dag se aktiwiteite.

)Vir meer inligting of besprekings kontak Malie Herselman by 079 302 3011 of 087 702 8389 of skryf na info.wolwefonteinhotel@gmail.com of gaan loer gerus op Wolwefontein Hotel se Facebook-blad na alles wat daar aangaan

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.