Uitstel ná moord op oud-haarkapper

2015-07-16 15:14
Delores Ferreira (74), ’n haarkapper in Uitenhage en voormalige skoonheidskoningin, is op 20 Januarie vermink en naak op ’n swart sak op die vloer van haar huis in Johnstraat aangetref. 
Foto: 
verskaf

Delores Ferreira (74), ’n haarkapper in Uitenhage en voormalige skoonheidskoningin, is op 20 Januarie vermink en naak op ’n swart sak op die vloer van haar huis in Johnstraat aangetref. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Douglas Myburg (85), inwoner van Uiten- hage, het Dinsdag onskuldig op aanklagte van ernstige aanranding gepleit nadat sy kritiek-beseerde vriendin beswyk het.

Delores Ferreira (74), ’n haarkapper op die dorp en voormalige skoonheidskoningin, is in Januarie vanjaar op ’n swartsak in haar huis in Johnstraat, Uitenhage, aangetref.

Sy was naak, gekneus en bloedbesmeer. Selfs haar voete het snye in gehad. Die bloed het van haar gesig af gedrup tot op haar bors. Plek-plek het sy ook klein brandwonde aan haar lyf gehad.

Bure het haar na die hospitaal geneem waar sy dieselfde aand beswyk het. Myburg, haar jarelange vriend, is enkele ure ná haar dood op aanklag van moord aangekeer.

Dié klag is egter verander na een van ernstige aanranding nadat die nadoodse ondersoek getoon het dat Ferreira aan “natuurlike oorsake” beswyk het.

Myburg het Dinsdag swyend in die hof gestaan terwyl sy prokureur, André Dorfling, namens hom onskuldig gepleit het en gevra het dat die saak uitgestel word.

“Daar moet eers weer met die dokter wat by die nadoodse ondersoek betrokke was, gepraat word,” het Dorfling verduidelik.

“Die dokter se getuienis is belangrik in dié saak omdat sy verslag toon dat die vrou nie aan geweld dood is nie. Meneer Myburg wil ook eers vier van die getuies in die saak dagvaar,” het Dorfling verduidelik.

Toe die saak na 17 September uitgestel is, wou Myburg, effens haastig, weet of hy maar kon loop.

Myburg se borgtog is ook verleng.

Die Burger het vroeër berig dat Ferreira se bure haar as “’n sagte en vriendelike mens” beskryf het. Getuies in die saak het ook genoem dat hulle haar voor haar dood “maande laas gesien het” en dat “almal maar skrikkerig vir haar vriend” was.

Maj. Margaret Stafford, hoof van die Heilsleër se eenheid teen mensehandel, wat ’n punt daarvan maak om sulke geweld-sake by te woon “sodat ek ’n stem vir die stemloses kan wees,” het buite die hof haar vurige hoop uitgespreek dat geregtigheid vir Ferreira sal geskied.

“Ek glo in ’n hemel en hel – én in ’n God wat nie getuienisse óf bewyse van vorige oortredings nodig het om iemand te oordeel nie,” het sy gesê.

Stafford beklemtoon ook dat dit belangrik is vir vroue om geweld van dié aard te rapporteer. Sy het ook die belangrikheid, om onder meer nota’s van dokters, die insidensie van beskerm-ingsbevele, aantekeninge met dag en datum van voorvalle asook verslae van ooggetuies te hou, weer onderstreep.

Dít omdat mishandeling gewoonlik oor ’n lang periode kom, maar wanneer dit krisispunt bereik, is daar geen bewys nie, het Stafford verduidelik. “Mishandeling moet bo enige redelike twyfel aan die hof bewys kan word,” het sy bygevoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.