‘Verf alle beelde vir almal se heil’

2015-05-07 06:00
=Albert Harbron, sakeman en boer van Uitenhage, het laas dié blink radioplan bedink om ape sonder stryd uit sy mielielande te hou. Nou het hy weer ’n plan om Suid-Afrika se standbeeld-stormloop te laat end kry.

=Albert Harbron, sakeman en boer van Uitenhage, het laas dié blink radioplan bedink om ape sonder stryd uit sy mielielande te hou. Nou het hy weer ’n plan om Suid-Afrika se standbeeld-stormloop te laat end kry.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hy het die land se verfbespatte standbeelde só gekyk en gedink: Dit is darem nie mooi nie.

Nou het Albert Harbron, sakeman, boer en steengroefeienaar van Uitenhage, só gereken: Sal dit nie beter wees om al die standbeelde groen te verf nie, dan kan almal gelukkig wees.

“Die standbeelde word nie verder verniel nie, die beswaardes kon die ‘tjap’ op die aanstootlike standbeelde kry en dan kan almal weer gelukkig wees.”

Maar nou weet Harbron daar is ook ander kleure gebruik. “Die beste sal maar wees as die ouens vir my lyste stuur – eerstens oor al die standbeelde wat ‘behandel’ moet word, dan die volgorde van belangrikheid en dan ’n kleurlys.”

Harbron is al bekend vir sy blink planne. So twee jaar gelede het Die Burger berig oor die radio’s, kliphard op geselsradio gedraai, wat hy in sy mielieland hang om aap se kind daaruit te hou.

Vanuit die omliggende bossies het die ape met verlangende oë na die mieliekoppe gekyk, maar nie ’n tree nadergegaan nie.

Harbron het intussen sy mielies vir lusern verruil.

“Dis omdat die hoër plaaswerkerlone alles net te duur gemaak het,” verduidelik Harbron, maar sê in die dieselfde asem hy voel sleg oor al die werkverliese.

“En toe hulle nou die standbeelde so lelik begin bespat, toe dag ek: Wag, die ordentlike verf van standbeelde kan goeie werkskepping word.”

Harbron sê hy is doodernstig, 1 April is lankal verby. Hy sal vir die arbeid betaal – sy begroting laat so R10 000 ’n maand toe hiervoor.

“Ek kan ook die spanne bymekaarkry – ek ken baie manne wat baie netjies kan verf.

“Maar die job sal stadig gaan, ek vra net die vandaliste om geduldig te bly. Ons sal die standbeelde dorp vir dorp en stad vir stad moet vat.

“Ons sal selfs ook die oë verf as hulle dit wil hê . . . maar asseblief tog, stuur net die regte kleur, ons wil nie agterna hoor ons moet weer gaan verf nie.”

Intussen nooi hy alle standbeeld-beswaardes uit om hul voorstelle na hom by Posbus 617, Uitenhage 6230 te pos.

“Ja, ’n posbus, nie fakse of foefies nie, want die posbus kom uit die era van die standbeeld.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Land reform model fizzles

2016-09-25 08:24

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.