Vrae na dood van geliefde dorpskarakter

2015-04-30 15:20
=John Smith.
       Foto:
VERSKAF

=John Smith. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Ons gaan nou vir Johna sy Blou Bul begrafnis gee wat hy so graag wou hê. Ek is bitter en kan dit nie verwerk dat my boeta op so ’n tragiese manier moes sterf nie!”

So sê ’n hartseer Sandra de Jongh uit Pretoria van haar broer John Smith (61), se onnodige dood. Smith het jare lank koekies en koeksisters in Uitenhage verkoop en daar-deur ‘n baie geliefde dorpskarakter geword.

Volgens polisiewoordvoerder a.o Gerda Swart, was daar verlede Saterdagoggend omstreeks 02:00 na bewering ’n bakleiery voor Jaggers Bar in Caledonstraat waar John Smith parkeertoesig gedoen het.

’n Onbekende man het Smith met die vuiste bygedam.

“Smith het na bewering weggehardloop van die toneel en by die nabygeleë huis van sy kleindogter ineengesak en gesterf.

“Die nadoodse ondersoek dui aan dat hy ’n hartaanval gekry het. Daar is ’n geregtelike doodsondersoek geopen.”

Volgens die nadoodse ondersoek het hy aan ’n hartaanval beswyk, maar Smith se familie is van mening dat die kopbeserings wat hy weens die aanranding opgedoen het, aanlei-ding tot sy dood gegee het.

“Op die fotos wat vir my gestuur is, was dit duidelik dat daar bloed uit die hoek van sy oog gevloei het en dat sy gesig seergekry het. Beeldmateriaal wys ook hoe ’n man agter John aan hardloop.

“As dit nie die man se bedoeling was om hom seer te maak nie, hoekom het hy hom bly slaan?

“’n Tweede mening van ’n privaat patoloog vir ’n nadoodse ondersoek gaan ons ongeveer R45 000 kos. Ons het nie daardie geld nie!”

Smith was ’n bekende gesig op Uitenhage waar hy sy roetes deur die strate gedoen het om tuisgebakte koekies en koeksisters te verkoop.

Hy het vir twee jaar by sy suster in Pretoria gewoon voordat hy verlede jaar na Uitenhage teruggekeer het. Terwyl hy in Pretoria was het hy verskeie bekende kunstenaars ontmoet en wedstryde van die Blou Bulle bygewoon.

“John was lief vir gesels en het gesê hy verlang terug na Uitenhage en die dorp se mense. Ek het nog die oggend voor sy dood met hom gesels en hy het gesê hy is gelukkig op Uitenhage,” het De Jong gesê.

Smith was die oudste van drie kinders en het jare gelede breinbeserings in ‘n motorongeluk opgedoen. Albei sy ouers het in dieselfde ongeluk gesterf. Sy jonger broer Kobus Smith wat in Kanada woon, en suster Sandra was nie in die voertuig nie.

“Aangesien die familie beweer dat hy nié ’n hartaanval sou kry as dit nie vir die bakleiery was nie, neem die polisie tans verklarings van ooggetuies en ander. Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal die dossier aan die senior staatsaanklaer voorgelê word vir ‘n beslissing,” het a.o Swart gesê.

De Jongh sê sy hoop geregtigheid sal ge- skied en dat die persoon wat Smith aangerand het, opgespoor sal word.

“Ons was baie lief vir Johna. Hy het kort voor hierdie ontydige dood van hom gevra dat as hy eendag sterf, ons hom by ons ma sal begrawe op Uitenhage. Ons gaan dit doen en vir hom sy Blou Bul-begrafnis gee,” het De Jongh gesê.

Die Blou Bul-rugbyunie van Pretoria het ’n rugbytrui geskenk om oor John se kis te drapeer.

)John Smith se begrafnis word op Sondag, 3 Mei om 10:00 gehou by die Boodskap van die Kruis-kerk, Frankenburgstraat op Uitenhage

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.