‘Wonderbaba’ glo Handré kan die Bokke laat wen

2015-10-22 06:00
=Skyler Smit (8) ook bekend as die Wonderbaba van Despatch, is in 2007 gebore met sy ingewande wat buite sy maag ontwikkel het. Vandag is hy blakend gesond en ’n kranige rugbyspeler. 
Foto:
HEILIE  COMBRINCK

=Skyler Smit (8) ook bekend as die Wonderbaba van Despatch, is in 2007 gebore met sy ingewande wat buite sy maag ontwikkel het. Vandag is hy blakend gesond en ’n kranige rugbyspeler. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Eendag gáán hy Suid-Afrika se Handré Pollard én Fourie du Preez wees, het ‘n stralende Skyler Smit (8) Despatch se Wonderbaba, ná Saterdag se groot rugby teen Wallis gesê.

Skyler, Wonderbaba gedoop omdat hy die onmoontlike vermag het – volkome herstel nadat hy in 2007 met sy ingewande buite die maag gebore is – is klaar ’n kranige rugby- speler.

Die kannetjie reken Victor Matfield, die oudste speler in die 2015 rugbywêreldbeker-toernooi, moes nie eers “ja” gesê het toe Heyneke Meyer hom gevra het om wéér te speel nie.

Skyler se vasbyt en wíl om te lewe is besonders. Statistiek bewys dit, want wêreldwyd oorleef slegs 1 uit 16 babas wat met gastros- kise (Gastromechesis) gebore word.

“Hy is ’n Wonderbaba! In die vierde maand van my swangerskap het die dokters gesê my kind se ingewande ontwikkel buite sy maag. Dit was aanbeveel dat ek ’n aborsie moes ondergaan. Ek het geweier,” vertel sy ma, Nicolette van der Wath, terwyl Skyler buite sy lyf pure Springbok hou met sy voosgespeelde bal.

Op 7 maande en 3 weke het hy sy eerste lewenslig na ’n noodkeiser aanskou. ’n Uur later was hy op die operasietafel, die eerste van baie wat daarna gevolg het.

“Dokters was sku om te opereer. Dit was ’n 50/50 kans, gelukkig in Skyler se guns. ’n Sakkie is om sy ingewande gebind en geleidelik in sy maag geplaas. Dit het drie weke geduur voor al sy ingewande op hul plek was. Daarna was daar nog terugslae, maar elke keer het ons sterker anderkant uitgekom.”

Skyler is rugbymal. Soggens voor hy sy skooltas gryp om op Laerskool Sonop se banke te gaan sit, kyk hy eers Supersport terwyl hy ontbytpap eet. Hy is lid van die EP Future Kings se rugbyskool wat jong talent in die Oos-Kaap ontwikkel.

“Ons coach Jaco (van Schalkwyk) leer ons goeie rugby speel. Ek is lief vir rugby. Ek wil eendag vir ’n groot span speel,” sê Skyler met die rugbybal tussen sy hande.

Tot vroeër vanjaar moes Skyler maar stadig met sport, maar sy Dok Porter het gesê dinge is nou normaal en Skyler kan laat waai. Buiten rugby, speel hy tennis en krieket, hy swem, doen houtwerk saam met sy oupa Barend de Lange, lyk na ’n belowende musikant met sy kitaar onder die arm, en maak graag kos. Boonop is Skyler ook ’n gedugte jong skut en het as lid van ’n plaaslike jagklub sy eerste rooibok geskiet waarvan hy biltong gemaak het.

Skyler kan nie wag vir Saterdag se wedstryd wanneer die Springbokke die Kiwis pak nie.

“Jissie, ek hoop Habana kry sy rekord drie. En ek dink Handré gaan weer baie punte aanteken. Dit sal my baie gelukkig maak as die Bokke wen!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.