Albertyn borg-’n-betonpaneel projek vir veiligheid

2016-08-25 06:00
=Hier wys Nico Heath, skoolhoof van Laerskool Albertyn ’n voorbeeld van ’n naamplaatjie wat gemaak word van elkeen wat die borg-’n-betonpaneel ondersteun.     Foto: HEILIE COMBRINCK

=Hier wys Nico Heath, skoolhoof van Laerskool Albertyn ’n voorbeeld van ’n naamplaatjie wat gemaak word van elkeen wat die borg-’n-betonpaneel ondersteun. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die oprigting van ’n ses voet hoë betonheining by Laerskool Albertyn se graad R terrein is veeldoelig. Dit is vir leerders se veiligheid en bied diegene met ’n belang by die skool die kans om ’n naamplaatjie op die muur te plak én dit bied plaaslike besighede ruimte vir bemarking.

“Die hoofrede vir die oprigting van die be-tonheining is om sekuriteit te handhaaf wat die graad R-leerders betref,” sê Nico Heath, skoolhoof van Laerskool Albertyn.

“Huidiglik is daar ’n draadheining. Van tyd tot tyd is daar mense wat daar verbystap en sommer met die leerders kommunikeer. Ek voel dit is nie veilig vir die leerders nie.

“Die oprigting van ’n betonheining is om seker te maak dat die kinders veilig is.”

Om dié veiligheidsheining spoedig te laat opsit, is oud-leerders, ouers, oud-onderwysers sowel as plaaslike sakelui se hulp nodig.

“Dit kos ’n hele paar duisend rand. Ons het dit goedgedink om elke betonpaneel [slab] vir R100 te ‘verkoop’ aan huidige leerders, oud-leerders en ouers. Om erkenning te gee vir hul ondersteuning word ’n naamplaatjie van wie die paneel geborg het, aan die binnekant van die muur opgesit.”

Die buitekant van die muur, wat oor 87 meter strek op die hoek van Unieweg en Van der Stelstraat, sal aan sakemense beskikbaar gestel word. Daar kan besighede adverteer teen ’n vasgestelde prys, op ’n jaar-tot-jaar basis.

“Sodoende kan die muur ingespan word om fondse te help genereer vir die skool,” het Heath gesê.

Verskeie ander fondsinsamelingsprojekte is by die skool gehou om dié muurprojek te help finansier.

Hoe werk die borg-’n-paneel projek?

Oud-leerders, -onderwysers, ouers en huidige leerders skenk R100 ten bate van die muur. Betalings kan by die skool gedoen word of via internet. Die verwysingsnommer moet die presiese bewoording wees wat op die plaatjie gaan verskyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.