Aussies nooi SA netbalskeidsregter

2017-08-17 06:05
=Theresa Prince van die Hoërskool Despatch is een van ses inter-nasionale skeidsregters wat genooi is om die fluitjie te blaas tydens die Quad-netbaltoernooi in Australië. Foto: Barko Greeff

=Theresa Prince van die Hoërskool Despatch is een van ses inter-nasionale skeidsregters wat genooi is om die fluitjie te blaas tydens die Quad-netbaltoernooi in Australië. Foto: Barko Greeff

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vandeesweek blaas sy die skeidsregtersfluitjie in ’n laerskoolnetbalwedstryd, volgende week in ’n wedstryd tussen die wêreld se beste twee netbalspanne.

Theresa Prince, ’n interna­sionale netbalskeidsregter en bemarker van die Hoërskool Despatch, is ewe passievol oor plaaslike en internasionale netbal.

“Elke wedstryd is spesiaal vir my. En ek hanteer elkeen met dieselfde professionaliteit en aandag,” sê sy.

Haar passie is onlangs wéér deur die Internasionale Netbalfederasie (INF) raakgesien toe die federasie Prince uitgenooi het om eersdaags by die Quad-netbaltoernooi in Australië te blaas. Prince sê die Quad-netbaltoernooi is gelykstaande aan die rugbykampioenskap wat Saterdag in Port Elizabeth tussen die Springbokke en Argentinië begin. Die wêreld se drie beste netbalspanne – Australië, Nieu-Seeland en Engeland – asook Suid-Afrika (tans die vyfde beste) sê mekaar die stryd aan in die toernooi.

Vir internasionale toernooie soos dié word skeidsregters deur die INF volgens hul vorige wedstryde beoordeel en slegs die beste skeidsregters word genooi om te blaas.

Van die ses skeidsregters vir die toernooi is Prince die enigste Suid-Afrikaner.

“Dit bly ’n voorreg om met die wêreld se beste netbalspelers in kontak te wees,” sê Prince in reaksie op haar uitnodiging.

Sedert Prince haar interna­sionale gradering in 2010 in Londen verwerf het, was sy reeds in meer as 100 wedstryde wêreldwyd skeidsregter.

Tussen die Afrika-netbalbeker, Statebondspele en netbal-wêreldbekertoernooi het sy genoeg ervaring opgedoen om in die geselskap te wees van die beste skeidsregters ter wêreld.

Prince vertrek Sondag na Au­stralië, waar die toernooi Saterdag 26 Augustus begin.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.