Bejaardes se handwerk ‘uit boonste rakke’

2017-09-28 06:01
=Hier is verteenwoordigers van die ACVV-takke wat bekers gewen het tydens vanjaar se handwerkuitstalling. Van links is Helena Schoeman (Helpmekaar PE), Esté Meiring (Aandmymering), Amanda Croucamp (Aandmymering), Yvonne Davis (Ithemba Elisha) en Martie Julyan (Huis Najaar). Links is van die konfyt en marmelade wat ingeskryf is en regs van die hekel- en handwerk. Foto:HEILIE COMBRINCK

=Hier is verteenwoordigers van die ACVV-takke wat bekers gewen het tydens vanjaar se handwerkuitstalling. Van links is Helena Schoeman (Helpmekaar PE), Esté Meiring (Aandmymering), Amanda Croucamp (Aandmymering), Yvonne Davis (Ithemba Elisha) en Martie Julyan (Huis Najaar). Links is van die konfyt en marmelade wat ingeskryf is en regs van die hekel- en handwerk. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Tafels vol van die fynste handwerk items en bobaas ingelegde produkte was te sien by die ACVV se jaarlikse handwerkuitstalling op Uitenhage, waaraan 9 takke uit die Nelson Mandelabaai deelgeneem het.

Daar is sowat 500 items ingeskryf en die vroue van VLV Despatch was vanjaar die be-oordelaars. Die kategorieë van deelname was brei, naaldwerk, hekel, konfyte, ingelegde produkte en krale en mosaiekwerk.

“Dit is die mooiste items. As ’n mens in ag neem wat die ouderdom is van die deelnemers. Hulle maak die items met daardie hande vol knoppe en oë wat nie meer goed sien nie,” sê Amanda Croucamp van ACVV Aandmymering.

Die oudste deelnemer aan vanjaar se uitstalling was Anna Reynierse, wat in har 98ste jaar nogsteeds fluks naaldwerk doen.

Die volgende ACVV handwerkuitstalling sal volgende jaar by ACVV Najaar op Despatch aangebied word.

ACVV Aandmymering was vanjaar die algehele wenners met Helpmekaar in die tweede plek en Uitenhage Ithemba Elisha in derde posisie. Huis Najaar is aangewys as die wenners in die spogtafel-afdeling met Aandmymering as naaswenners en Helpmekaar in derde plek.

Van die handwerk items sal by ACVV Aandmymering se basaar te sien wees wat op Vrydag, 3 November gehou word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.